Sanlam ‘tevrede’ met sy syfers in ‘taai tye’
Die handelsoorloë wat pres. Donald Trump van die VSA teen onder meer China en Turkye voer, plaas alle ontluikende lande onder druk.
Hanlie Stadler - Ná baie jare van finansiële wanbestuur braai die kierankies nou uit – die regering se fiskale probleme is enorm, sê Ian Kirk, uitvoerende hoof van Sanlam.
“Beleggersvertroue is laag en almal blameer mekaar. Die regering het duidelik nie die hulpbronne om ons uit hierdie gemors te kry nie. Die private sektor het die hulpbronne, maar het die regte omgewing nodig.”
Kirk sê die gesloer met die afhandeling van die Mynbouhandves, die debat oor grondonteiening sonder vergoeding en die onsekerheid oor hoe Suid-Afrika vir Nasionale Gesondheidsversekering gaan betaal, het alles tot die swak prestasie van finansiële markte bygedra in die eerste helfte van die jaar.
Sy opmerkings is gemaak in die voorlegging oor Sanlam se resultate vir die ses maande tot einde Junie.
Die maatskappy, wat vanjaar sy 100ste verjaardag en sy 20ste jaar sedert notering gevier het, beskryf sy resultate in die huidige moeilike ekonomie as “bevredigend”.
Dit sluit in ’n styging van 12% in die groep se wesensverdienste tot R5,126 miljard en ’n styging van 8% tot R4,393 miljard in sy bedryfswins (oftewel netto wins uit finansiële dienste).
Heinie Werth, finansiële hoof, sê hulle beleef ongekende wisselvalligheid op aandelebeurse. Dit is weens ’n kombinasie van binnelandse en buitelandse faktore. Die handelsoorloë wat pres. Donald Trump van die VSA teen onder meer China en Turkye voer, plaas alle ontluikende lande onder druk.
Sanlam verdien 27% van sy bedryfswins in die buiteland, wat beteken hy is in ’n mate beskut teen die verswakking van die rand, hoewel dit ’n tweesnydende swaard bly.
HOëR BELASTING
In Suid-Afrika wys Sanlam se syfers die druk op verbruikers weens hoër belastings, die stygende petrolprys en die swakker rand, sê Werth.
Veral middelinkomste-kliënte van Sanlam moet volgens hom moeilike keuses doen en kanselleer meer polisse of spaarplanne. “Vergeleke met ons mededingers is ons eintlik nog in ’n baie gelukkige posisie. Ons sien daar is druk, maar hulle het heelwat meer vervallings.
“Dit is omdat ons baie dissipline met die verkoopsproses aan die dag lê en nie polisse aan mense verkoop wat dit nie kan bekostig nie. Dit help nie jy verkoop polisse wat net verval sodra dit moeiliker gaan nie.”
Werth sê die maatskappy se goeie diversifikasie – oor ’n groot verskeidenheid produkte, inkomstegroepe en lande – dra tot sy sukses by. In die moeilike mark werk hy egter baie hard om gapings in die mark raak te sien en daarop te kapitaliseer.
Werth noem byvoorbeeld dat Sanlam nog groot potensiaal sien vir AfroCentric, ’n maatskappy in die gesondheidsorgsektor waarin Sanlam ’n belang van 28,7% het. AfroCentric besit onder meer Medscheme, een van die grootste mediesefondsadministrateurs in die land.
Sanlam sien ook nog gapings in die mark vir groeplewensdekking en werknemervoordele.
Een van die groot groeigeleenthede vir die groep is sy vennootskap met Capitec Bank. In die afgelope halfjaar het Sanlam ’n ooreenkoms met die bank aangegaan en hy onderskryf tot 50% van die kredietlewensversekering op Capitec-lenings. Sanlam-gerugsteunde begrafnispolisse word nou ook op Capitec se elektroniese platforms verkoop en Werth sê hulle bespreek die moontlikheid dat nog Sanlam-produkte aan Capitec-kliënte bemark gaan word.
“Ons beskou Capitec as ’n goeie vennoot. Die bank beweeg ook al hoe meer in die middelinkomste-mark in.”
VOORUITSIGTE
Werth sê die tweede helfte van Sanlam se boekjaar gaan nie die ligte uitskiet nie omdat die markte onder druk bly en wisselvalligheid gaan voortduur.
Die land is nou amptelik in ’n resessie.
“Die regering probeer die regte dinge doen, maar jy draai nie ’n land so vinnig om nie.”
AFDELINGS
Die maatskappy doen verslag in ses segmente, waarvan vier goeie groei in nuwe sake aangemeld het.
Wat bedryfswins betref het die afdelings so gevaar:
· Sanlam Personal Finance, wat onder meer Glacier en Sky insluit, daal met 2% tot R2,096 miljard. Die resultate is geraak deur die koste van die verkryging van Sanlam se belang in BrightRock.
· Sanlam Emerging Markets, Sanlam se oorsese belange, styg met 18% tot R911 miljoen, deels danksy wisselkoers-voordeel. Sanlam is besig om die belang van Saham Finance wat hy nog nie besit nie, aan te skaf. Die transaksie sal na verwagting teen die einde van die jaar afgehandel wees. Saham doen in 15 Afrika-lande sake en Sanlam is optimisties oor die voordeel wat die verkryging sal inhou.
· Sanlam Investment Management daal met 9% tot R528 miljoen. Dié afdeling sukkel ook omdat die aandelebeurs sukkel en hy onder meer minder prestasiegeld verdien. Weens die lae beleggersvertroue en swak ekonomie het die geld onder bestuur ook nie veel gestyg nie.
· Santam styg met 70% tot R573 miljoen. Dié afdeling het verlede week sy resultate uitgereik en die sukses kan onder meer toegeskryf word aan die feit dat daar nie weer, soos in 2017, katastrofiese gebeure soos brande of vloede was wat tot miljarde rande se eise gelei het nie.
· Santam Corporate styg met 26% tot R308 miljoen. Dit word onder meer toegeskryf aan die inkorporasie van Absa Consultants and Actuaries se sake en die groei in die afdeling vir werknemervoordele en vir gesondheidsorg.
· Sanlam-groep (grootliks beleggingsinkomste en koste op hoofkantoorvlak): Bedryfsverlies styg negevoudig tot R18 miljoen.
· Totaal: Bedryfswins styg met 8% tot R4,393 miljard. – Netwerk24
In syfers
· Genormaliseerde wesensverdienste styg met 10% tot R4,917 miljard.
· Bedryfswins styg met 8% tot R4,393 miljard.
· Netto invloei van geld daal met 9% tot R17,2 miljard.
· Volume van nuwe sake daal met 1% tot R110 miljard.
· Netto waarde van nuwe sake styg met 1% tot R791miljoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie