Sanlampryse vier 2017 se beste jeugboeke
Sanlam en Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers, kondig met trots die wenners van die 2017-Sanlampryse vir Jeuglektuur aan.
Die Sanlampryse word tweejaarliks toegeken vir nuwe manuskripte. Vir vanjaar se kompetisie is ’n rekordgetal van 134 inskrywings ontvang in die drie kategorieë – Afrikaans (33 inskrywings), Engels (55 inskrywings), Afrikatale (46 inskrywings in agt tale). Twee wenners (goud en silwer) is in elke kategorie aangewys. Prysgeld van altesaam R90 000 is toegeken nadat Sanlam die prysgeld tot R20 000 vir goud en R10 000 vir silwer in elke kategorie verhoog het.
Die ses wentitels sluit verhale in oor mishandeling, kuberboelies, die disintegrasie van gesinne, oorlewing in ’n post-apokaliptiese Suid-Afrika en verbode liefde, en weerspieël uitdagings waarmee jong mense van vandag worstel en kan identifiseer. Die 2017-wenners is:
Afrikaans
· Carin Krahtz, skrywer van die gewilde Elton April-jeugverhale, wen goud vir Blou is nie ’n kleur nie, ’n storie oor die disintegrasie van ’n disfunksionele voorstedelike gesin in Pretoria, gesien uit die oogpunt van die 16-jarige Vicky. Die beoordelaars het Blou is nie ’n kleur nie beskryf as ’n universele verhaal “wat jou op die krop van jou maag slaan”, maar wat getemper word met skerpsinnige dialoog en humor.
Carin woon in Centurion.
· Jan Vermeulen kry silwer for Soen, ’n speurverhaal “wat die leser deurgaans op die punt van sy stoel hou”. Dit gaan oor ’n gewilde en begaafde hoofseun wie se ongesonde obsessie met ’n jong onderwyseres hom amper sy lewe kos. Vermeulen het in 2002 goud gewen vir Geraamtes dra nie klere nie. Jan woon in Dispatch.
Engels
· Lesley Beake wen goud vir Hap, wat deur die keurders beskryf is as “’n goed gestruktureerde, pragtige grootwordroman”. Dit vertel die verhaal van ’n probleemtiener wat van New York na Suid-Afrika kom om tyd deur te bring saam met haar pa, wat besig is met argeologiese opgrawings aan die Kaapse weskus. Hier identifiseer sy met die fossiel van ’n jong vrou wat sy Hap noem. Lesley woon in Stanford.
· Jayne Bauling wen silwer vir New Keepers, wat volgens die keurders “die gevoel gee van ’n Lauren Beukes-roman gekruis met Hunger Games”. Dit speel af in ’n post-apokaliptiese toekoms en volg die wel en wee van ’n seun wat ’n reis na die Wildlands adverteer vir diegene wat avontuur soek. Bauling het in 2013 goud gewen vir Dreaming of Light. Jayne woon in Witrivier.
Afrikatale
· Goud is toegeken aan die Zoeloeskrywer Dumisani Hlatswayo vir Imibala Yothando (“die kleure van liefde”), wat deur die keurders beskryf is as “’n onneersitbare verhaal van liefde, verraad, jaloesie en grootword in die sosialemedia-era”. Die hoofkarakter, Sinenhlanhla, word na ’n nuwe skool in Soweto gestuur waar sy deur ’n kuberboelie geteister word. Dumisani woon in Somerset-Oos.
· ’n Debuutskrywer, Lebohang Pheko, wen silwer vir Mamello (Sesotho). Mamello is ’n jong meisie wie se ouers haar verbied om skool toe te gaan, maar wat daarvan droom om ’n menseregteprokureur te word. Dié boek is deur die keurders beskryf as “’n perfekte verhaal van hoe ’n mens teëspoed in die lewe te bowe kan kom”, met die krag van onderwys en vergifnis as hooftemas. Lebohang woon in Virginia.
Die wenmanuskripte is deur Tafelberg ontwikkel en uitgegee, in sowel gedrukte as e-boekformaat. Manuskripte is anoniem gekeur sodat debuutskrywers op ’n gelyke voet met gevestigde skrywers kan meeding.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie