SANW help in Mosambiek
Philda Essop – Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is nie net in Mosambiek om bystand aan Eskom te verleen nie, maar ook om te help met die humanitêre krisis in die nadraai van die verwoestende sikloon wat dele van dié land getref het.
Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag aan News24 gesê lede van die weermag is in Mosambiek ontplooi om amptenare van Eskom te help om die kragmaste te herstel wat deur die sikloon Idai beskadig is. Die beskadigde maste en transmissielyne waarmee 900 MW se elektrisiteit vanaf Mosambiek na Suid-Afrika herlei word, is een van die redes vir die huidige kragkrisis, sê Eskom.
Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Woensdag aan LP’s gesê die sikloon het grootskaalse verwoesting in Mosambiek, Zimbabwe en Malawi gesaai.
Sy het in ’n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking gesê Suid-Afrika koördineer pogings vir die Verenigde Nasies en ander lande wat bystand aan dié lande wil verleen.
Nieregeringsorganisasies (NRO’s) wat help, sluit in Gift of the Givers, die Rooikruis en Dokters Sonder Grense.
Daar was Dinsdag volgens Sisulu goeie nuus toe die private sektor in Pretoria ses helikopters beskikbaar gestel het. “Die grootste probleem tans is om mense van dakke af te red.”
Die SANW het Mosambiek in 2000 gehelp toe vloede die land getref het en onder andere ’n baba wat in ’n boom gebore is en haar ma gered. Sisulu sê egter die weermag se vermoë het sedertdien afgeneem.
Malawi het haar Vrydag om bystand gevra. “Ons het nie betyds in Malawi aangekom om lewens te red nie – hulle tel steeds die dooies, wat na verwagting honderde sal beloop. Hulle vra wel tente en enige kos, want hul landerye is weggespoel.”
Suid-Afrikaanse NRO’s is tans in dié land om te help.
Wat Zimbabwe betref, het Sisulu gesê die Rooikruis en Gift of the Givers verleen bystand daar, terwyl Suid-Afrika ’n skenking aan die land gedoen het.
Sy het Dinsdag ’n oproep van die Mosambiekse staatshoof gehad kort voordat ’n dam in Beira gebreek het en erge verwoesting in dié stad gesaai het.
Die ergste nagevolge van die sikloon moet volgens Sisulu nog gevoel word.
Die SANW is in Mosambiek ontplooi, maar dit vorm deel van siviele humanitêre bystand. “Ons werk saam met hulle (die Mosambiekse weermag) – ons is die humanitêre deel en hulle is die militêre deel.”
’n NRO het Dinsdag ses helikopters geskenk om die weermag by te staan. Gift of the Givers het ’n skip beskikbaar gestel waarop die weermag mense wat gered word, kan plaas.
Sisulu, wat beplan om Woensdag of Donderdag na Mosambiek te reis, het ’n beroep op plaaslike supermarkgroepe gedoen om hulp te verleen. Tente, komberse en klere word benodig.
Sy het ook aan die Wes-Kaapse premier en die metro’s van Johannesburg en Tshwane geskryf om rampbestuurspersoneel beskikbaar te stel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie