Saoedi-Arabië erken joernalis is in ambassade dood
Die regering van Saoedi-Arabië het Saterdagoggend vir die eerste keer erken dat Khashoggi in sy ambassade in Instanboel, Turkye, dood is.
Pres. Donald Trump van die VSA sê die verduideliking en erkenning van die regering van Saoedi-Arabië oor die dood van die joernalis Jamal Khashoggi is vir hom "aanvaarbaar".
Die regering van Saoedi-Arabië het Saterdagoggend vir die eerste keer erken dat Khashoggi in sy ambassade in Instanboel, Turkye, dood is. Dit kom nadat hulle dit vroeër drasties ontken het, terwyl die bewyse dat Khashoggi in 'n gewelddadige voorval vermoor is, deur Turkse ondersoekers aan die lig gebring is.
Die regering het ook gesê hy het talle mense in die ambassade in hegtenis geneem, waarvan sommige hoë amptenare was wat kort voor Khashoggi se besoek aan die ambassade in Turkye aangekom het. Daar het glo “'n vuisgeveg” in die ambassade uitgebreek.
Khashoggi, ’n uitgesproke kritikus van die regering van Saoedi-Arabië, het in selfballingskap in Amerika gewoon waar hy vir die Washington Post geskryf het. Hy moes die ambassade in Turkye besoek om sekere dokumente daar te kry wat hy nodig gehad het om te trou. Hy word beskryf as 'n saggeaarde mens.
Volgens Trump is dié sage nie "erg genoeg" dat Amerika as teenreaksie sy multimiljoendollar wapenkontrak met hierdie Arabiese land moet beëindig nie.
Die Saoedi-Arabiese regering het die erkenning gedoen nadat die Turkse staatsbeheerde Anadolu-nuusagentskap gesê het die Turkse aanklaer se kantoor het getuienisse van 20 konsulaat-werknemers verkry en 25 ander mense, insluitend buitelandse burgers, sou ondervra word as deel van die ondersoek.
Die konsulaat-werknemers wat ondervra is, sluit in rekenmeesters, tegnici en ’n bestuurder, sê Anadolu. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie