Saoedi kroonprins ‘konsolideer ystergreep’
Die toekomstige koning van Saoedi-Arabië het sy vuis gebal deur talle mense, onder wie koninklikes, ministers en beleggers, op aanklagte van korrupsie in hegtenis te laat neem.
Een van kroonprins Mohammed bin Salman se meer prominente teikens is die miljardêr-prins Alwaleed bin Talal, een van die land se voorste sakemanne.
Alwaleed bin Talal is die koning van Saoedi-Arabië se neef en eienaar van die firma Kingdom Holding 4280.SE wat belange in maatskappye soos Citigroup en Twitter het.
Altesaam 11 prinse, vier ministers en verskeie voormalige ministers is in hegtenis geneem. Ook die magtige prins Miteb bin Abdullah, hoof van die nasionale wag, geteiken. Bin Abdullah word deur prins Khaled bin Ayyaf in dié posisie vervang.
MbS, soos die kroonprins bekend staan, swaai die afgelope jaar die septer oor die koninkryk se weermag sowel as sy buitelandse, ekonomiese en maatskaplike beleid.
Die nuus het Sondag bekend geword nadat koning Salaman bin Abdulaziz al-Saud die stigting van ’n teenkorrupsie-eenheid onder leiding van die kroonprins aangekondig het.
Mohammed (32) het drie jaar gelede skielik die kollig gesteel en word as die koning se gunstelingseun beskou.
Sy nuwe afdeling het breë magte om ondersoeke te loods, lasbriewe vir arrestasie uit te reik, reisbeperkings op te dwing en op bates beslag te lê.
Ontleders meen die arrestasies is die kroonprins se manier om moontlike opponente uit te skakel namate hy regmaak om die leisels van die olieryke land oor te neem. Hy het in Maart sy ouer neef, Mohammed bin Nayef, as troonopvolger en minister van binnelandse sake vervang.

Volgens die politieke analis James Dorsey stel Mohammed meer daarin belang om sy “ystergreep” op die regerende familie en weermag te konsolideer as om bondgenootskappe te smee.
Aandelepryse op Saoedi-Arabië se beurs het Sondag in vroeë handel met 1,5% gedaal. Dit het daarna effens herstel.
Die skeidslyn tussen openbare en koninklike geld is nie altyd duidelik in Saoedi-Arabië nie. Die land is ’n absolute monargie wat op ’n Islamitiese stelsel geskoei is. Die landswette is nie stelselmatig gekodifiseer nie en die konsep van ’n verkose parlement bestaan nie.
Mohammed is met ’n ambisieuse plan van hervorming besig en sy pa het in September aangekondig dat vroue voortaan toegelaat sal word om in die land motor te bestuur.

Dit blyk as gevolg van skerp teenkanting uit die familie en weermag teen die beoogde hervormings, sowel as die oorlog in Jemen, te wees. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie