Sappi kry nuwe baas in die VSA
Petrus Malherbe - Die internasionale papiergroep Sappi het ’n nuwe hoof in die VSA aangestel.
Mike Haws, tans adjunkpresident van Sappi in Noord-Amerika, volg Mark Gardner op wat reeds 38 jaar aan die maatskappy verbonde is.
Haws (56) neem op 1 Oktober by Gardner (63) oor.
Gardner was die afgelope 12 jaar president en uitvoerende hoof van Sappi se Noord-Amerikaanse bedrywighede.
Sappi, wat op die Johannesburgse aandelebeurs genoteer is, het die nuus Maandag bekend gemaak.
Haws is sedert 2012 aan Sappi verbonde en is in 2015 tot visepresident van vervaardiging bevorder.
Steve Binnie, uitvoerende hoof van Sappi, het Gardner bedank vir sy “skitterende diens” oor die afgelope byna vier dekades en hom as ’n “ongelooflike leier” beskryf.
Hy het ook die versekering gegee dat die oorgang van Gardner na Haws glad sal verloop danksy Haws se ervaring in die bedryf.
Sappi gaan die afgelope paar maande gebuk onder ’n skerp daling in papierverkope wat sy inkomste ’n ernstige knou toedien.
Verkope van grafiese papier in Europa en Noord-Amerika het in sy tweede kwartaal met tussen 8% en 13% gedaal.
Grafiese papier is die glanspapier wat vir onder meer advertensie- en bemarkingsmateriaal, glanstydskrifte, brosjures, pamflette, koffietafelboeke en kalenders gebruik word.
Die maatskappy se aandeelprys het Maandag ietwat tot R52,10 verstewig. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie