Sappies klim saam in die bed
Sappies klim saam in die bed

Sappies klim saam in die bed

Elvira Wood



Die topbestuur van Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) en Diageo Suid-Afrika klink waarskynlik nou saam 'n glasie alkoholiese vrugtedrankies.

Dit kom nadat die Mededingingskommissie die transaksie goedgekeur het waarvolgens SAB die regte verkry om Diageo se produkte en verwante bates plaaslik te bekom.

Die produkte ter sprake sluit in:

• Smirnoff se gereed-om-te-drink-drankies (Smirnoff Storm, Guarana, Spin, Pine Twist en Berry Twist, maar nie Smirnoff Vodka nie); en

• Guiness-produkte (uitgesluit Guinness Foreign Extra Stout en Guinness Malta).

Diageo besit ook 11 000 yskaste in drankwinkels en kroeë landswyd wat nou deur SAB oorgeneem word.

SAB behoort aan Anheuser-Busch InBev.

Die kommissie het Donderdagmiddag laat in 'n verklaring gesê hoewel daar vrae is oor of die oorname nie mededinging in die drankbedryf verminder nie, het hy tog besluit om die tran­saksie goed te keur.

SAB besit Brutal Fruit-vrugtedrankies.

“Die kommissie het wel bevind dat die voorgestelde transaksie waarskynlik nie mededinging of die pryse van die Diageo- of SAB-produkte sal beïnvloed nie.”

Die kommissie sê hy glo dat die samesmelting sal waarskynlik voordele vir die verbruiker inhou, aangesien die groter sakeonderneming meer doeltreffend bedryf sal kan word.

Hy dink ook die Smirnoff-produkte sal meer algemeen beskikbaar gestel word.

Die kommissie het die voorwaarde gestel dat SAB in die toekoms nié gebondelde produkte mag aanbied waar hy byvoorbeeld van sy bier met van die Diageo-produkte aanbied nie.

SAB gaan ook drankies wat deur mededingers, wat Distell insluit, in die 11 000 Diageo-yskaste moet toelaat.

SAB gaan ook die Guinness-produkte in die toekoms plaaslik moet vervaardig.

Distell is die grootste produsent van gereed-om-te-drink-mengeldrankies in die land. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!