Saracens-debakel: Bulle vry nou na Vincent Koch
Saracens-debakel: Bulle vry nou na Vincent Koch

Saracens-debakel: Bulle vry nou na Vincent Koch

Rugby
Cobus Claassen - Op Loftus Versfeld word planne beraam om die Saracens-vaskopstut Vincent Koch 'n nuwe rugbyheenkome in Pretoria te gee.

Dié 29-jarige Springbok is onverwags in die mark nadat Saracens die afgelope naweek weens herhaalde oortredings van die salarisperk in 'n opspraakwekkende stap uit die Engelse Premierliga geskop is.

Koch, wat sedert 2016 vir Saracens speel, is nog tot 2023 by dié Londense klub gekontrakteer.

Daar word verneem die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het reeds met onderhandelinge begin.

Gert van der Merwe, Koch se agent, sê Rassie Erasmus (direkteur van rugby) het ook reeds aangedui dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) die BBM finansieel sal steun met 'n gesamentlike kontrak.

Van der Merwe sê dit is egter nie 'n uitgemaakte saak dat Koch na Suid-Afrika sal terugkeer nie.

“Daar is 'n hele paar opsies op die tafel. Die Sale Sharks en Harlequins wil Vincent kontrakte aanbied en Montpellier (in Frankryk) stel ook baie belang,” sê hy.

“Dit is nie 'n maklike besluit nie, want Vincent is twee jaar weg van 'n Britse paspoort kry en dit was nog altyd een van sy doelwitte.”

Saracens het Vrydag met sy gekontrakteerde spelers vergader waarin 'n pleidooi gelewer is dat hulle by die beleërde klub moet aanbly. Hulle is die versekering gegee dat Saracens sy verpligtinge teenoor die spelers sal nakom.

Dit is egter onseker hoe die proses daar sal uitsien wanneer spelers versoek om van hul kontrakte onthef te word.

Die Wallieser Liam Williams het reeds bevestig hy gaan by die Scarlets aansluit, terwyl die Engeland-slot Maro Itoje glo op die punt is om 'n kontrak met die Northampton Saints te sluit. Sy slotmaat George Kruis se kop staan Japan toe, volgens berigte in die Engelse media.

Van der Merwe sê Koch, wat verlede seisoen 'n plaasvervanger was toe die Springbokke in die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland geseëvier het, sal graag na Suid-Afrika wil terugkeer om Superrugby te speel.

Koch het voorheen vir die Stormers in die kompetisie gespeel, maar in die Kapenaars se groep is reeds twee Bok-vaskoppe – Frans Malherbe en Wilco Louw. Koch het as 'n junior vir die Tukkies en die Bulle in die voorry gesak.

Die Bulle het self 'n Springbok-vaskopstut, Trevor Nyakane, en die ervare Wiehahn Herbst in hul Superrugby-groep. Alfons Meyer, die BBM se uitvoerende hoof, sê egter die Bulle stel beslis in Koch se dienste belang.

“Hy sal 'n waardevolle toevoeging wees, maar ons moet dit ook in ag neem dat ons vir Trevor en Wiehahn het en dat jy net 45 gekontrakteerde spelers in jou senior groep mag hê,” sê hy.

“Maar ja, ons praat met sy agent.” 

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.14 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.68 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.31 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 631.82/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.43/lb UP +2.60% | Zinc US$ 2 982.50/T UP 3.13% | Brent Crude Oil US$ 75.85/BBP UP +1.97% | Platinum US$ 969.67/OZ UP +1.21% #REF!