Sardarov skenk beskermingsdrag vir gesondheidswerkers
Sardarov skenk beskermingsdrag vir gesondheidswerkers

Sardarov skenk beskermingsdrag vir gesondheidswerkers

Ronelle Rademeyer
Die Russiese miljardêr en Namibiese grondbaron mnr. Rashid Sardarov gaan beskermende drag soos gesigmaskers, mediese brille, handskoene, persoonlike beskermende toerusting (PPE) en ander noodsaaklikhede ter waarde van N$405 000 vir gesondheidswerkers van die staat skenk.
Die toerusting is vir die beskerming van mense wat in die stryd teen die Covid-19-pandemie gewikkel is.
Sardarov sê in ’n verklaring hierdie skenking is Marula Game Ranch Namibia en Comsar Properties SA se bydrae tot die regering se nasionale rampfonds.
“Die modaliteite sal dadelik in samewerking met die betrokke regeringsamptenare bepaal uitgewerk word sodat die produkte dringend bestel en afgelewer kan word,” sê hy.
“Openbare hulpbronne is onder druk. Dit is in hierdie katastrofiese tye dat die privare sektor die regering se hand moet vat vir die beste uitkoms in die verenigde stryd teen die pandemie,” lui sy verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!