Sarkozy aangekla van korrupsie
Dit wil voorkom asof die lang arm van die gereg nou vir oudpres. NicolasSarkozy ingehaal het.
Oudpres. Nicolas Sarkozy van Frankryk word deur ’n verhoor in die gesig gestaar weens aanklagte van korrupsie en onbehoorlike beïnvloeding in sy termyn as president, het ’n bron met kennis van die aangeleentheid aan CNN gesê.
Sarkozy het na bewering in 2014 probeer om deur sy prokureur, Thierry Herzog, geheime inligting te bekom wat in die besit van ’n aanklaer was. Dié inligting het gehandel oor die vordering van ’n ondersoek na die finansiering van ’n verkiesingsveldtog.
Dié bewering is deur die Franse mediahuise Le Monde en Mediapart onthul.
Sarozky se prokureur het na bewering aangebied om die betrokke aanklaer, Gilbert Azibert, te help om ’n gesogte pos in Monaco te kry in ruil vir die geheime inligting. Herzog sowel as Azibert ontken dit.
Hardnekkige beweringe van finansiële ongerymdhede hang tans oor Sarkozy se kop. Hy was tussen 2007 en 2012 staatshoof van Frankryk, berig EWN.
Jacqueline Laffont, ’n prokureur van Sarkozy, het gesê sy regspan sal die verhoor teenstaan, berig die BBC.
Donderdag se besluit om Sarkozy aan te kla, kom nadat hy in ’n afsonderlike saak op 20 Maart onder formele ondersoek geplaas is ná beweringe dat hy in 2007 geld van Liberiërs vir sy verkiesingsveldtog om president te word, aanvaar het.
Sarkozy sê egter daar is geen bewyse om dié beweringe te staaf nie.
“Ek is aangekla sonder enige konkrete bewyse,” het Sarkozy in ’n meningstuk geskryf wat Donderdag in die Franse koerant Le Figaro gepubliseer is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie