Saru, Rassie ontken Engeland-praatjies
Saru, Rassie ontken Engeland-praatjies

Saru, Rassie ontken Engeland-praatjies

Rugby
Cobus Claassen

Rassie Erasmus gaan nêrens heen nie.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het in reaksie op die gerug dat sy direkteur van rugby se kop Londen toe staan om Engeland te gaan afrig, bevestig Erasmus het hom tot Springbok-rugby verbind.

Erasmus het nog ’n kontrak tot aan die einde van 2024 en nie 2021, soos berig is nie, het Saru voorts gesê.

Saru het gister by monde van ’n woordvoerder gesê hy “skaar hom” by die Engelse Rugbyunie (RFU), wat gesê het die storie is van alle waarheid ontbloot.

Dit kom nadat Rapport Sondag berig het die RFU voer die laaste ruk gesprekke met die vorige Springbok-hoofafrigter, wat glo geoormerk is om Eddie Jones as breier van die Rose op te volg.

Saru wys daarop dat Erasmus dit sedertdien op sosiale media ontken het.

Dít is met verwysing na Erasmus, wat op Twitter ’n video gedeel het van ’n deel van ’n inspirerende toespraak voor verlede jaar se Wêreldbeker-eindstryd in Japan.

Hy het by die video geskryf: “Nie seker ek sal weet wat om vir enige ander span voor ’n WB-eindstryd te sê nie. (Gaan) nie gebeur nie!!!”

Dit blyk dat Erasmus eers Sondag sy Twitter-profiel geskep het.

Ook by Twickenham word ten sterkste ontken dat die RFU met Erasmus onderhandel.

“Die berigte is 100% onakkuraat. Daar was geen ontmoeting nie en daar was hoegenaamd geen gesprekke oor enige posisie by die RFU nie,” het Bill Sweeney, uitvoerende hoof van Engelse rugby, in ’n verklaring gesê.

Jones se kontrak met die RFU verstryk in Julie 2021, maar Sweeney sê dit is onwaar dat hulle Erasmus in sy plek wil aanstel.

Die RFU is egter bekend daarvoor dat hy nie skroom om ’n afrigter se kontrak “uit te koop nie”.

Hy het in 2018 die Kiwi John Mitchell by die Bulle afgerokkel, skaars ’n jaar nadat dié voormalige All Black-afrigter by Loftus Versfeld aangekom het.

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) was destyds vies vir die wyse waarop die RFU die onderhandelings agteraf gehanteer het.

Die RFU het ook die einste Jones uit sy kontrak by die Stormers gekoop nog voordat hy met sy termyn by die Kaapse span in 2016 kon begin.

Mitchell is een van Jones se hulpafrigters.

Matt Proudfoot, die Bokke se voorspelerbreier in Erasmus se seëvierende WB-span, rig nou die Engelse voorspelers af. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!