SAS Amatola besoek Walvisbaai
Otis Finck - Die Suid-Afrikaanse vlootfregat, die SAS Amatola, het ‘n diplomatieke besoek aan Namibië gebring en het gister in Walvisbaai se hawe aangedoen.
Die adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Hoëkommissariaat in Namibië, mnr. Eli Bitzer, het dié hoflikheidsbesoek bevestig.
Volgens hom word me. Yvette L.M. Myakayaka-Manzini, hoëkommissaris van Suid-Afrika, en kaptein J.F. Roux, bevelvoerder van die SAS Amatola, Namibiese afgevaardigdes en uitgenooide gaste vandag aan boord van die vaartuig onthaal.
Die vaartuig is op pad Suid-Afrika toe nadat dit op 21 Februarie in Brittanje aan die herdenking van die SS Mendi, wat daar gesink het, deelgeneem het.
Die vaartuig het ook verskeie maritieme operasies voltooi.
Die SS Mendi, ’n troepeskip, het in die Engelse kanaal naby die Isle of Wright gesink ná dit in digte mis teen die SS Daro gebots het.
Sowat 616 Suid-Afrikaners het gesterf.
Verskeie aktiwiteite om die SS Mendi se ondergang te herdenk, het tussen 19 en 24 Februarie plaasgevind.
Duikers van die koninklike vloot het na die Mendi se wrak afgeduik. Die wrak lê regop op die seebodem, sowat 100 voet onder water en 20 myl suidwes van die mees suidelike punt van die Isle of Wright.
Die duikers het ‘n Suid-Afrikaanse vlag en ‘n krans by die wrak gelos.
Die SAS Amatola het hierna na Duitsland vertrek waar dit van 27 Februarie tot 5 Maart aan Operasie Goeie Hoop VII deelgeneem het.
Dit is gevolg deur ‘n geskiedkundige besoek aan Rostock, waarna die fregat tussen 19 en 21 Maart na Rota in Spanje gevaar het vir brandstof.
Tussen 8 en 18 Februarie het die fregat aan oefeninge van die Britse Operasionele See-opleiding (BOST) deelgeneem.
Die SAS Amatola het op 16 Januarie van die vlootbasis by Simonstad af vertrek en ‘n grenspatrollie van die Suid-Afrikanse weskus onder die vaandel van Operasie Corona op pad Verenigde Koninkryke toe uitgevoer.
Die skip het ook besoek gebring aan Tema in Ghana, Malabo in Ekwatoriaal-Guinee en Luanda in Angola. Hy sal na verwagting op 22 April weer in Simonstad aankom. – Bron: defenceWEB

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie