SAS Amatola by Walvisbaai se hawe

Otis Finck
Otis Finck - Die Suid-Afrikaanse kommissaris vir Namibië, me. Yvette Myakayaka-Manzini, het die Suid-Afrikaanse SAS Amatola Woensdag in Walvisbaai se hawe verwelkom.

Myakayaka-Manzini het gesê Suid-Afrika speel ’n leidende rol in vrede en sekuriteit op die Afrika-kontinent.

Suid-Afrika was ook betrokke by bemiddelingswerk en die ontplooiing van troepe in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) en by missies van die Afrika-unie (AU) in lande soos onder meer die Demokratiese Republiek van Kongo, Burundi, Suid-Soedan, Lesotho en die Ivoorkus.

Kaptein Francois Roux, bevelvoerder van die SAS Amatola, sê die vloot het op 16 Januarie vanuit Suid-Afrika gevaar en het intussen Spanje, Duitsland, Engeland, Ghana, Ekwatoriaal-Guinee en Angola besoek.

Dit het op 17 April in Walvisbaai aangekom. Die doel van die besoek aan Namibië was om ou vriendskapsbande te versterk.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer