Sasol, Eskom gee SA amper vuilste lug op aarde
Die plek in die wêreld met die tweede hoogste vlakke van swaeldioksied-vrystellings is in die Kriel-omgewing in Mpumalanga weens die Eskom-kragstasies in die omgewing.
Dit is volgens syfers van die internasionale omgewingsgroep Greenpeace.
Net die Norilsk Nickel-metaalvervaardigingskompleks in die Russiese stad Norilsk het hoër swaeldioksied-vlakke, volgens 'n verklaring van Greenpeace wat 2018-syfers van Nasa-satelliete gebruik het.
Mpumalanga is die tuiste van die meeste van Eskom se 15 steenkoolkragstasies, asook die tuiste van Sasol se steenkool-tot-brandstofaanlegte.
Die Suid-Afrikaanse regering is onder toenemende druk om teen die lugbesoedeling van Eskom en Sasol op te tree. Omgewingsaktiviste daag die regering voor die hof omdat die besoedeling op mense se grondwetlike reg tot skoon lug inbreuk maak.
'n Plan om omgewingswetgewing te verslap sodat steenkoolkragstasies en stoomketels dubbel soveel swaeldioksied mag vrystel as wat bestaande standaarde voorskryf, is in Mei uitgestel nadat die departement van omgewing hof toe gesleep is.
'n Vroeër studie van Greenpeace oor syfers van die derde kwartaal van 2018 wys dat Mpumalanga ook die meeste stikstofdioksied-vrystellings van kragstasies as enige ander plek in die wêreld het.
“Suid-Afrika se lug is absoluut vuil,” sê Melita Steele, 'n senior klimaat- en energieveldtogbestuurder van Greenpeace Africa.
“Ons kan eenvoudig nie nog tyd mors om die bedryf se voldoening aan luggehalte-wetgewing of die oorgang na hernubare energie te vertraag nie.”
Sasol sal teen 2025 aan nuwe vrystellingsperke vir swaeldioksied moet voldoen, maar het gewaarsku hy sal dalk nie die toerusting kan bekostig om daaraan te voldoen nie. Eskom het gevra om uitstel om aan vrystellingsperke by sekere van sy kragstasies te voldoen.
Die inaseming van swaeldioksied word verbind met respiratoriese infeksies, verhoogde risiko vir beroerte, asook groter risiko vir sterftes weens suikersiekte.
Eskom verteenwoordig 42% van al Suid-Afrika se kweekhuisgasse, en Sasol vir 11%, volgens die twee maatskappye se eie syfers.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie