Sasol gee toe: 'Ons besoedel te veel'
Die aanleg in Secunda is sonder twyfel 'n groot bron van uitlaatgasse.
Elvira Wood
Sasol sal ongetwyfeld meer moet doen om minder omgewingsbesoedeling te veroorsaak.
Veral sy aanleg in Secunda in Mpumalanga is die groot sondaar, het Shamini Harrington, adjunkpresident belas met klimaatsverandering by Sasol, Dinsdag in 'n gespreksessie in die petrochemiese reus se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg, gesê.
Volgens hom is sy bedrywighede in Secunda verantwoordelik vir 84,9% van die kweekhuisgasse wat Sasol wêreldwyd vrystel.
Marius Brand, Sasol se adjunkpresident belas met tegnologie, sê daar is baie wat gedoen kan word om Secunda 'n “groener” aanleg te maak.
“Ons kyk na twee aspekte wat hierdie aanleg betref. Aan die een kant kan ons kyk wat gedoen kan word om die bedryf van die aanleg omgewingsvriendeliker te maak, maar aan die ander kant kan ons ook kyk hoe die proses self aangepas kan word,” sê Brand.
Brand sê deur bloot nuwe toerusting te installeer wat energie meer verbruik, kan die hoeveelheid kweekhuisgasse wat die aanleg produseer, klaar beduidend verminder word.
“Ons kyk ook hoe ons van die energiebron – in dié stadium steenkool – na 'n ander bron kan oorskakel.”
Volgens Sasol se verslag oor die klimaatskrisis word veral gekyk of aardgas eerder as energiebron by Secunda ingespan kan word.
Brand sê Sasol het reeds sy aanleg in Sasolburg aangepas om aardgas te gebruik.
“Ons gebruik net steenkool om krag op te wek om die aanleg te bedryf en nie vir die produksie van brandstof nie.”
Tans voer Sasol aardgas van Mosambiek in.
Wat sy steenkoolmyne betref, sê Herman Wenhold, hoof van volhoubaarheid, gaan dié myne vir eers in bedryf bly.
Sasol reken daarop dat hy nog tot 2050 steenkool by van sy bedrywighede gaan gebruik.
Hoewel Sasol sê hy is daartoe verbind om uitlaatgasse te verminder, erken hy daar is nog baie werk wat gedoen moet word om die presiese koste en invloed op sy arbeidsmag op lang termyn vas te stel.
Hy beoog wel om teen 2030 10% minder kweekhuisgasse by sy Suid-Afrikaanse bedrywighede vry te stel as wat hy tans doen.
HOE VUIL IS SECUNDA?
Sasol se aanleg in Secunda is sonder twyfel 'n groot bron van uitlaatgasse.
“Dit is nie net 'n aanleg wat steenkool in brandstof omskep nie, dit is ook basies vier steenkoolkragstasies in een, net om hom in bedryf te hou,” sê Harrington.
Sasol koop wel sowat 600 MW elektrisiteit by Eskom om die aanleg in bedryf te hou, maar die res wek hy self op.
“Om Secunda se bydrae tot die vrystelling van kweekhuisgasse in perspektief te stel, moet onthou word dat Suid-Afrika in totaal verantwoordelik is vir 1,3% van die kweekhuisgasse wat vrygestel word,” sê Brand.
“Sasol is op sy beurt weer verantwoordelik vir 10% van die totale Suid-Afrikaanse bydrae.”
Sasol se nuwe aanleg in Lake Charles in Amerika mag dalk groot druk op sy balansstaat plaas, maar hy maak 'n goeie bydrae wanneer dit by uitlaatgasse kom.
Luidens Sasol se verslag gaan dié chemiese reus net verantwoordelik wees vir 2,5% van die kweekhuisgasse wat Sasol wêreldwyd genereer.
Die rede hoekom dié aanleg so groen is, is omdat dit ontwerp is om sy invloed op die omgewing te beperk.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie