Sasol nie meer lus vir plofstof
Sasol nie meer lus vir plofstof

Sasol nie meer lus vir plofstof

Luidens ’n verklaring het Sasol reeds ’n ooreenkoms met Enaex, ’n filiaal van die Chileense Sigdo Koppers-groep, gesluit.
Sasol gaan ontslae raak van sy afdeling wat plofstof vervaardig.

Die maatskappy het Maandagmiddag in ’n verklaring gesê hy het besluit dat dié afdeling een van die bates is wat hy beter in vennootskap met ’n internasionale rolspeler kan ontwikkel.

Luidens die verklaring het Sasol reeds ’n ooreenkoms met Enaex, ’n filiaal van die Chileense Sigdo Koppers-groep, gesluit om sy volle belang in sy plofstofafdeling as ’n lopende saak aan Enaex oor te dra.

Sasol sê die transaksie is onderhewig aan goedkeuring deur die Mededingingskommissie.

’n Nuwe maatskappy sal uit dié vennootskap gevorm word en Enaex, as die meerderheidsaandeelhouer, sal beheer daarvan oorneem.

Daar word in die aandeelhouerstruktuur van die nuwe maatskappy vir swart ekonomiese bemagtiging voorsiening gemaak.

Die maatskappy gee geen besonderhede oor wat die waarde van die transaksie is nie.

Sasol sê op sy webtuiste dat dié afdeling plofstof aan die mynbedryf verskaf. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!