• Tuisblad
  • Sake
  • Sasol se VSA-aanleg nou nóg US$1 mjd. duurder
Sasol se VSA-aanleg nou nu00f3g US$1 mjd. duurder
Sasol se VSA-aanleg nou nu00f3g US$1 mjd. duurder

Sasol se VSA-aanleg nou nóg US$1 mjd. duurder

Elvira Wood – Sasol se chemiese aanleg in Amerika gaan waarskynlik tussen $12,6 miljard en $12,9 miljard kos. Dit is bykans $1 miljard méér as wat hy in Februarie voorspel het.

Die petrochemiese reus het oorspronklik gesê die aanleg, wat in die stad Lake Charles in die Amerikaanse deelstaat Louisiana gebou word, sou $8,9 miljard kos.

Sasol sê vroeg Woensdagoggend in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat sedert hy op 8 Februarie oor die vordering van dié projek berig het daar “ ’n aantal veranderinge gemaak is wat die bestuur van die projek betref”.

Sasol sê die span het “bekommerd geraak oor die akkuraatheid van die kostevooruitsig van die projek”. Hy het sy syfers hersien en dit nou van die R11,8 miljard wat in Februarie voorspel is tot tussen R12,6 miljard en R12,9 miljard opgeskuif.

Sasol sê die projek is in totaal 96% klaar en $10,9 miljard is tot dusver daaraan bestee.

Hy sê hy is steeds oortuig van die Lake Charles-projek se sakeplan, want dit gaan hoëwinsmarge-produkte van wêreldgehalte lewer. Hy verwag egter steeds soos in Februarie dat die aanleg vir die volle boekjaar ’n verlies van tussen $165 miljoen en $185 miljoen sal ly, vergeleke met ’n verdienste van tot $160 miljoen wat vroeër verwag is.

Sasol verwag nou dat die aanleg teen 2022 ’n verdienste van $1 miljard sal lewer. In Februarie het hy nog ’n verdienste van $1,3 miljard vir 2022 verwag.

Die maatskappy sê hy verwag steeds dat die aanleg se krakereenheid, die eenheid vir een van die belangrikste omskakelingsprosesse in ’n petroleumraffinadery, in Julie voltooi sal word. Daar word egter vertragings op van die ander eenhede verwag.

Die projek behoort nou in Februarie 2020 voltooi te word. Voorheen sou dit Januarie 2020 wees.

Toe Sasol in Februarie vertragings en hoër koste vir die projek bekend gemaak het, het sy aandeleprys met 5% gedaal. Dit het tóé tot ’n laagtepunt van R383,24 op die JSE gedaal. Dit het laas in September 2017 onder dié vlak verhandel.

Sasol begin Woensdag teen R431,00 op die JSE verhandel. Die nuus sal na verwagting die aandeelprys skerp laat wissel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!