Sassa dank minister se adviseurs af
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het die adviesgroepe afgedank wat twee jaar gelede aangestel is om ondersoek in te stel na wie staatstoelae moet uitbetaal.
Sassa is die arm van die departement van maatskaplike sekerheid wat staatstoelae beheer. Dit word op die oomblik uitbetaal deur Cash Paymaster Services (CPS), 'n filiaal van Net1 UEPS, terwyl 'n nuwe kontrak beding moet word.
CPS se kontrak is sedert 2013 die onderwerp van hofsake omdat die tenderproses gewemel het van foute.
Die konstitusionele hof het in 2016 bevind 'n nuwe tender moet toegeken word, maar CPS se kontrak is op die nippertjie met 'n jaar verleng nadat dit in Maart verval het omdat 'n nuwe tender nie betyds toegeken kon word nie.
Thokozani Magwaza, uitvoerende hoof van Sassa, het aan Bloomberg gesê hulle het verlede week briewe aan die sogenaamde “werkstrome” gestuur om hulle in te lig hul dienste word beëindig.
Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, is ingelig, maar Magwaza sê sy het nog nie gereageer nie.
Die regering moet voor Maart 2018 'n nuwe plan maak om die 17 miljoen staatstoelae te kan uitbetaal. Dlamini het die werkstrome reeds twee jaar gelede aangewys, maar hulle het nog nie met oplossings vorendag gekom nie.
Die tesourie het ook bevind die aanstelling van die groepe was onregmatig. Magwaza en Dlamini het reeds in die verlede koppe gestamp. Hulle het mekaar ook weerspreek in beëdigde verklarings wat by die konstitusionele hof ingedien is.
Dlamini het in Mei aan die parlement gesê 'n nuwe kontrakteur sal teen November “ingefaseer” word.
Die Poskantoor het aangedui dat hy belang stel om Sassa-uitbetalings te doen. Volgens Paseka Letsatsi, Sassa-woordvoerder, word die Poskantoor as die enigste bieër beskou.
“Dié keer het die tesourie vir ons gesê ons mag afwyk [van 'n formele tenderproses] en met die Poskantoor in gesprek tree. As dit nie uitwerk nie, kan ons met ander bieërs in gesprek tree.”
Die Poskantoor sal aan alle vereiste regulasies moet voldoen. Die Poskantoor het in 2016 'n voorlopige banklisensie gekry en het om 'n formele permit aansoek gedoen.
Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Poskantoor, sê hulle het nog geen amptelike bevestiging van die tesourie oor die Sassa-vraagstuk gekry nie. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie