Sassa-krisis: 'Almal sal betaal word'
Sassa-krisis: 'Almal sal betaal word'

Sassa-krisis: 'Almal sal betaal word'

Francoise Steynberg
Bathabile Dlamini, die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, het gister gesê almal wat op maatskaplike toelaes geregtig is, sal op 1 April hul toelaes ontvang.

Dlamini het die media toegespreek oor die Sassa-debakel wat talle begunstigdes van toelaes laat vrees het dat hulle nie betaal gaan word nie, omdat Sassa se kontrak met Cash Payment Services (CPS) einde Maart verval.

Sy het gesê “bedrog en korrupsie is goed gedokumenteer in kontantoordragstelsels oor die wêreld heen en Suid-Afrika is geen uitsondering nie”, voor sy bygevoeg het dat die toelaes op 1 April betaal gaan word.

“Ons stelsel het die ergste vorm van misbruik en diefstal gesien,” het Dlamini gesê.

In Desember 2014 het 'n ministeriële advieskomitee in 'n verslag aanbeveel dat Sassa sy eie betalingstelsel moet bou. Teen die einde van 2014 het Sassa die tender geadverteer ingevolge die hofbevel vir die betaling van maatskaplike toelaes vir vyf jaar wat in 2019 sou eindig. Die tender is egter nooit toegeken nie.

“Vyf maatskappye het vir die tender gebie, maar twee het hulle onttrek. Die oorblywende drie het nie oor die kapasiteit beskik om die kwessies wat ons aangeroer het te hanteer nie,” het Dlamini gesê.

- Netwerk24/News24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!