Satelliete om aarde se u2018koorsu2019 te meet
Satelliete om aarde se u2018koorsu2019 te meet

Satelliete om aarde se ‘koors’ te meet

Die ruimteman dr. Japie van Zyl se fokus ná sy “aftrede” by Nasa is om voedselsekuriteit te verbeter.
Karin Eloff
Ronelle Rademeyer – Sestien satelliete gaan binnekort elke dag die aarde se “koors” meet deur die waterstres van plantegroei op elke 70 m x 70 m van die aarde te bepaal.

Sodoende gaan die landboubedryf ingeligte besluite oor watertoediening kan neem, wat beter oesopbrengste tot gevolg sal hê.

Die man agter dié ingrypende nuwe bydrae tot voedselsekuriteitsverbetering, is niemand anders nie as die oud-Namibiër dr. Japie van Zyl nie.

Hy is die uitvoerende hoof van die maatskappy Hydrosat, wat hy onlangs saam met vennote gestig het.

Van Zyl het in Maart op die ouderdom van 63 jaar afgetree as die direkteur van sonnestelselverkenning by Nasa se Straalaandrywingslaboratorium (JPL) in Kalifornië, Amerika.

Hy is einde Augustus met Nasa se hoogste toekenning vereer vir sy uitmuntende diens oor die 33 jaar wat hy by die JPL was.

Van Zyl, wat op Outjo gebore is, was by 20 suksesvolle ruimtesendings betrokke.

Van Zyl het uit Amerika vertel Hydrosat gaan aanvanklik vier satelliete lanseer, maar dit dan uitbrei na 16.

Hy sê die satelliete sal bepaal hoeveel waterdamp plante deur hul huidmondjies afgee.

As plante waterstres beleef, maak die huidmondjies toe en minder waterdamp word afgeskei. Die temperatuur styg dienooreenkomstig.

“Dit is hoekom dit in ’n woud soveel koeler is. Dit plante verkeer nie onder stres nie en kan waterdamp afskei om dit koel te hou,” sê hy.

“Die tegnologie werk dieselfde as die termometers wat ons gebruik om in iemand se oor plaas en sy of haar koors te meet. Ons gaan dus eintlik maar net die aarde se koors meet,” sê Van Zyl.

Die kaarte wat hulle daagliks beskikbaar gaan stel, sal hul landboukliënte in staat stel om plante op presies die regte tyd water te gee.

Sodoende kan produksie met 20% verbeter, terwyl water deur meer doeltreffende toediening bespaar kan word.

Hydrosat sal met die tegnologie kan help om oesbrengste met groter akkuraarheid te bepaal.

“Ons gaan op die vier groot stapelgewasse fokus, naamlik mielies, koring, sojabone en rys.”

Hy sê afgesien daarvan dat die internasionale markte sal weet wat om te verwag, is dit ook inligting wat belanghebbendes aan die logistieke kant nodig het.

“Die mense wat dit in silo's moet stoor of na hawens moet vervoer, kan hierdie inligting ook gebruik om te beplan.

“Van ons kliënte sal ook die produsente van hoëwinsgewasse soos pekan- en pistasieneute wees,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!