Saterdag is weer tyd vir Aarde-uur
Saterdag is weer tyd vir Aarde-uur

Saterdag is weer tyd vir Aarde-uur

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die Wêreldnatuurfonds (WWF) doen 'n beroep op Namibiërs om op Saterdag 25 Maart Aarde-uur se tiende herdenking te vier en sodoende te help om die wêreld se fokus op klimaatsverandering te plaas.

"Ons het die vernietigende gevolge van droogte in Namibië oor die afgelope vyf jaar beleef, asook die onlangse sikloon wat weerpatrone in ons land verander het - al hierdie verskynsels kon deur klimaatsverandering veroorsaak word," lui 'n verklaring van die WWF in Namibië.

Vanjaar het dié organisasie ter viering van Aard-uur agt sonaangedrewe elektriese fietse, in samewerking met Sun Cycles Namibia, aan die Salambala-kommunale bewaringsgebied in die Zambezistreek geskenk.

"Hierdie fietse sal op ’n volhoubare manier tot bewaring bydra. Wildwagters sal die fietse gebruik en dit sal help om hul teenstroping-patrollies meer effektief uit te voer en vinniger op voorvalle van mens-dier-konflik te reageer."

Die WWF sê almal kan help om die gevolge van klimaatsverandering te verminder: "Jy kan 'n lig op klimaatsverandering skyn deur jou profielfoto op Facebook te verander na die oulike Facebook Aarde-uur profielfotoraam by www.facebook.com/wwf."

Nog wenke van die WWF is om "groener" keuses te maak, om te herwin, water te spaar en elektrisiteit spaarsamig te gebruik. Word 'n omgewingsvriendelike wêreldburger, ry fiets of stap eerder as om 'n voertuig of taxi te gebruik, versprei die boodskap onder jou vriende en familie en laat jou stem gehoor word.

Gaan kyk na die #EarthHour2017 Ten Years of Impact-video wat jou op 'n reis deur omgewingsoorwinnings neem wat Aarde-uur die afgelope dekade bereik het.

"Dit is moontlik gemaak met die ondersteuning van WWF-spanne en miljoene individue regoor die wêreld," sê die fonds.

Die WWF in Namibië sal Saterdag sy Aarde-uur-video op NACSO se webtuiste, http://www.nacso.org.na, vrystel.

Moenie vergeet om Saterdag van 20:30 tot 21:30 die ligte af te sit nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!