Saturnus kom vanaand náby
Vanaand is die beste tyd om na die planeet Saturnus te kyk omdat dit op sy helderste en grootste vir vanjaar sal vertoon.
Vir Windhoekers sal Saturnus tussen 19:03 vanaand en 06:49 môreoggend sigbaar wees en ten volle deur ons son verlig word. Dit sal in die Ooste opkom en sy hoogste punt in die naghemel teen 00:58 bo die noordoostelike horison bereik.
Terwyl Saturnus vanaand opposisie bereik (die punt waar dit aan aan die teenoorgestelde kant van die son is soos van die aarde gesien), bereik dit ook sy baannaastepunt (perigeum) aan die aarde.
Volgens die Astronomievereniging van Suider-Afrika sal die planeet vir die res van vandeesmaand in ons naghemel gesien kan word.
In-The-Sky.org meen vanaand is die beste tyd om die planeet, asook die grootste van sy nege mane te bestudeer.
Selfs ’n kleinerige teleskoop van minstens 5 cm kan jou help om die planeet en sy twee grootste ringe te sien, maar jy sal ’n sterker teleskoop nodig hê om die mane te kan sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie