Savannah se tas vol somer
Die immergroen en energieke Savannah Collins se solo-show op akoestieke kitaar het gesorg vir ’n vonkelwynaand toe sy laas Vrydag haar suitcase vol somersongs by die Vintage-koffiekroeg in Windhoek uitgepak het.
As die Vintage ’n wynpars was, sou dit die voorspel tot ’n uitnemende oesjaar gewees het, want dié 25-jarige Namibiese kunstenaar het haar stempel opnuut as een van die vindingrykste plaaslike musikante afgedruk, en haar missie is om regstreekse optredes te bevorder.
Sy wals deur haar eie lewenservarings en dié van Chris Stapleton, Tracy Chapman, Tom Petty en Blackberry Smoke met haar bluesy stem en invloede van Amerika se diep Suide.
Savannah verken ’n wye spektrum style en het haarself die afgelope twee maande “herskep” – kompleet met blonde haredos.
Te oordeel aan haar jongste optrede by Vintage (sy is weer daar op 6 November) gaan dié kind van die woestynland koppe in die komende weke laat draai.
Sy het gisteraand by Vintage se Halloween-partytjie opgetree en vanaand is sy die ster by nog ’n Halloween-fees by die Handlebar in die hoofstad.
Daarná is dit Midgard toe vir Saterdag se Taste Festival.
Die materiaal uit haar eie pen bly kragtig en oorspronklik.
Nommers soos “Darkness”, “Be Free” (van haar debuut-album met dieselfde naam), “My Mind” en “Broken Dreams” bly vars.
Sy bemeester ingewikkelde sessnaarkitaarwerk en klokhelder sangpatrone – altyd met ’n blues-gevoel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie