#SaveOurLives-veldtog sluit af
Sowat 5 000 pare skoene is sedert 18 Maart as deel van die #SaveOurLives-veldtog ingesamel. Dit is verlede Vrydag aan die Namibië Rooikruisvereniging (NRCS) oorhandig. As deel van die afsluiting van die veldtog het die Private Sektor Padveiligheidsforum ’n stilprotes op die parkeerterrein langs die Wernhil-inkoopsentrum in Windhoek gehou om ’n beroep op mense te doen om hul gedrag op die land se paaie te verander. Die dag het begin met ’n geleentheid waartydens vrywilligers met fietse werk toe gery het, waarna ’n ongelukslagoffer, mnr. Julian Roos, sy verhaal gedeel en dr. Monir Islam van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) die gehoor oor padveiligheid toegespreek het. Die veldtog vorm deel van die Verenigde Nasies (VN) se jaarlikse, wêreldwye padveiligheidsveldtog. Die skoene wat ingesamel word, verteenwoordig almal wat hul lewe in ’n motorongeluk verloor het en sal aan minderbevoorregtes geskenk word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie