Schlettwein stel kredietgradeerders gerus
Schlettwein stel kredietgradeerders gerus

Schlettwein stel kredietgradeerders gerus

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het vanoggend nie doekies omgedraai oor net hoe broodnodig sy effektiewe besnoeiing van N$4,5 miljard uit die 2016-’17-begroting vir die makro-ekonomiese gesondheid van Namibië in die nabye toekoms is nie.
As hy dit níé gedoen het nie, sou die regering se skuld teen die einde van 2018-’19-begrotingsjaar 55% van Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) beloop het. Met besteding wat nie net drasties in die huidige boekjaar gesny is nie, maar ook in die volgende twee, gaan Schlettwein skuld op 42% van BBP laat stabiliseer.
Dit is wel hoër as die regering se eie drumpel van 35%, maar val binne internasionale kredietgradeerders se teiken vir lande soos Namibië. Fitch Ratings het onlangs Namibië se kredietgraderingsvooruitsig van stabiel na negatief verlaag.
Die nuwe bestedingsraamwerk behoort kredietgradeerders van Namibië se makro-ekonomiese stabiliteit te verseker, het Schlettwein vanoggend tydens ‘n bespreking van sy halfjaar-begrotingshersiening gesê. Dié geleentheid is deur PwC Namibia, Standard Bank Namibia en Namibia Media Holdings (NMH) aangebied.
Schlettwein sê die regering, wat sowat 50% van die ekonomie verteenwoordig, is deeglik bewus van die negatiewe uitwerking wat die reuse-besnoeiings op die ekonomie kan hê. Daar is egter groeigeleenthede in onder meer die mynbou wat dié verwagte impak sal versag.
Meer oor Schlettwein se uitlatings en ander begrotingsnuus word Maandag in Republikein gepubliseer.

Op die foto (van links) is: Nelson Lucas en Chantell Husselmann (beide van PwC Namibia), Junius Mungunda (uitvoerende hoof van Standard Bank Namibia), die minister van finansies, Calle Schlettwein, Nangula Uaandja (besturende vennoot van PwC Namibia), Ericah Shafudah (permanente sekretaris van die ministerie van finansies), Stefan Hugo (belastingdirekteur van PwC Namibia) en Albe Botha (uitvoerende hoof van NMH). Botha hou Republikein se ‘pienk’ begrotingskoerant vas – die pienk is ter bewusmaking van borskanker.

Kommentaar

Republikein 2024-11-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 21° | 33° Eenhana: 20° | 31° Oshakati: 19° | 30° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 22° | 37° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 29° Mbabane: 12° | 28° Maseru: 14° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 20° | 29° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 15° | 23° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 14° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 16° | 25° #REF! #REF!