Schoeman en Vermaak vat goud
Schoeman en Vermaak vat goud

Schoeman en Vermaak vat goud

Boogskiet
Die Boogskietvereniging van Namibië het onlangs sy elfde jaarlikse nasionale kampioenskap in samewerking met die Tsumeb Boogskietklub by die JP Radledge-stadion op dié dorp aangebied.

Skutters van Zimbabwe het ook aan die kompetisie deelgeneem, waar Riaan Vermaak en Liezl Schoeman vir die eerste keer as wenners in die saamgestelde boogafdeling geseëvier het. Hoewel Vermaak stywe kompetisie van Jaco Vermaak, Ben van Wyk en André Huysamen gekry het, kon hy daarin slaag om die titel op te raap.

By die vroue moes die gedugte Ilana Malan vanjaar vir Schoeman opsy staan.

By die kadette het Dirk de Bod junior en Duan Engelbrecht mekaar die stryd aangesê, met Engelbrecht wat goud met die saamgestelde boog verower. By die meisies het Quinn Reddig 'n effens wankelrige begin gehad, maar met haar ondervinding en konsentrasievermoë klop sy Chelsey Hunter van Zimbabwe vir die goud.

In die terugbuigboog-afdeling vir kadetseuns was die kompetisie opnuut straf tussen Christiaan Brand en Adriaan Grobler. Brand palm die 1 440-ronde in, maar dit is Grobler wat naelskraap daarin slaag om die titel syne te maak.

Die uitslae van die eerste dag:

Terugbuigboog, 1 440-ronde: Vroue: Margot Louw (goud).

Mans: Humayoon Poonja (Zimbabwe, goud).

Kadet-meisies: Quinn Reddig (goud), Chelsey Hunter (Zimbabwe, silwer).

Kadetseuns: Christiaan Brand (goud), Adriaan Grobler (silwer), Morné Meyer (brons).

Welpie-meisies: Shania Bartosz (Zimbabwe, goud).

Welpieseuns: Omer Ohana (Zimbabwe, goud).

Saamgestelde boog, Mans: Jaco Vermaak (goud), Ben van Wyk (silwer), Riaan Vermaak (brons).

Vroue: Ilana Malan (goud), Liezl Schoeman (silwer), Mariska van Wyk (brons).

Meesters mans: Anton Zietsman (goud).

Kadetseuns: Duan Engelbrecht (goud), Dirk de Bod (silwer).

Beginners: Timmy de Wee (paralimpiese skut).

Seuns o.13: Ruan Huisamen.



DAG 2

Terugbuigboog, 720-ronde. Mans: Humayoon Poonja (Zim, goud).

Vroue: Margot Louw (goud).

Kadetmeisies: Quinn Reddig (goud), Chelsey Hunter (Zim, silwer), Shani Bartosz (Zim, brons).

Seuns: Adriaan Grobler (goud), Christiaan Brand (silwer), Morné Meyer (brons).

Seuns o.15: Omer Ohana (Zim, goud).

Saamgestelde boog, Mans: Riaan Vermaak (goud), Ben van Schalkwyk (silwer), Jaco Vermaak (brons).

Vroue: Liezl Schoeman (goud), Ilana Malan (silwer), Mariska van Wyk (brons).

Meesters mans: Anton Zietsman (goud), Dirk de Bod senior (silwer).

Kadetseuns: Duan Engelbrecht (goud), Dirk de Bod junior (silwer).

Seuns o.13: Ruan Huisamen.

Beginners: Timmy de Wee (paralimpiese skutter).



Die volgende toekennings is deur die deelnemers opgeraap:

Beste vordering: Christiaan Brand.

Hoogste gekombineerde telling van die 720- en 1 440-ronde: Ilana Malan.

Timmy le Combantant-wisseltrofee: Ruan Huisamen.

Robin Spot-pryse het aan Riaan Vermaak (mans), Liezl Schoeman (vroue), Chelsea Hunter (meisies), Timmy de Wee (seuns) gegaan.

Die Tsumeb Boogklub het dieselfde naweek 'n skole-ontwikkelingskompetisie (NASP) vir jong kinders aangebied waar die jonges op afstande van 10 en 15 meter geskiet het. So het hulle geëindig: 1. Henning Pienaar,

2. James Boshoff, 3. Howard Beukes, 4. Luan Bekker, 5. Bradley van Eeden, 6. Alejandra Walters.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!