Scholtz en Ya France laat wilgerlat praat
By United behaal Tigers 200/8 in sy toegelate 50 boulbeurte en haal United vir 179 almal uit, terwyl Wanderers by Sparta met 247/6 kook hoewel die gasheer met 'n dubbele Nelson (222 almal uit) terugveg.
Tielman van Lill - Twee eendagwedstryde in Krieket Namibië se premierliga is Saterdag in Walvisbaai en Windhoek tussen die twee onoorwonne spanne Samsung FNB Wanderers en Welwitschias, asook tussen CCD Tigers en United afgehandel.
In die hoofstad kon Trustco United op sy tuisveld net die loot teen Tigers wen om die besoekers eerste met die kolf in te stuur. Nadat Joshuan Julius vir net drie lopies (16 balle, been voor paaltjie Christopher Coombe) uitgehaal is voor hy te veel skade kon aanrig, het Picky Ya France 'n netjiese 100-tal (138 b, 7x4, 2x6) van sy kolf laat vloei totdat André Maasz hom van Louis Vermaak se boulwerk uitgevang het.
Behalwe dat Ya France 50 persent van sy span se lopies behaal het, het hy sewe viere en twee sesse oor die grenstou vir 'n oorwinning met 21 lopies laat vlieg. United staan 25 ekstras af, wat 20 wydlopers insluit.
Norbert Manyande (31 van 72 b, 1x4, gevang Lo-han Louwrens geboul Coombe) het lank saam met Ya France gekolf.
René Were (19 van 45 b, geboul Danie van Schoor) en John-Eric Thierauch (10 nie uit nie van 5 b, 1x6) is die enigste ander twee wat dubbelsyfers behaal.
Nicol Loftie-Eaton (4 van 11 b, gevang Jacques Vermaak geboul Coombe), Percy Katyora (0 van 1 b, gevang Louwrens geboul Coombe), Renier van der Merwe (0 van 2 b, gevang en geboul Vermaak), Mika Mutumbe (8 van 10 b, 1x4, gevang Hendrik van der Walt geboul Dickson Vambe) slaag nie met die kolf nie.
Coombe (4 paaltjies vir 43 lopies in 9 boulbeurte) is die Bloues se beste bouler, met Louis Vermaak (2/28, 10 bb) wat goed ondersteun terwyl Vambe en Van Schoor onderskeidelik met 1/27 (8 bb) en 1/50 (10 bb) 'n bestendige bydrae lewer.
Was dit nie vir die staatmaker Danie van Schoor as nommer drie-kolwer se 62 van 98 balle (5x4, 1x6, gevang Were geboul Loftie-Eaton) nie, sou die Filistyne se wedstryd nog gouer verby gewees het.
Die aanvangspaar Hendrik van der Walt (1 van 12 b, gevang Elton Ambambi geboul Mutumbe) en Louwrens (12 van 27 b, 1x4, gevang Manyande geboul Albert Mbwembe) word vroeg laat stap.
Van Schoor sien hoe Louwrens, Darren van Dyk (11 van 15 b, 1x4, 1x6, boul en vang Mbwembe) asook Coombe (19 van 27 b, boul Ya France) vertrek.
Vambe (24 van 44 b, 1x4, geboul Loftie-Eaton), Damon Coetzee (12 van 16 b, geboul Thierauch), Louis Vermaak (4 van 8 b, 1x4, geboul Ya France), Heinrich Visser (1 van 6 b, geboul Ya France) is die volgende vier wat op 'n streep skoongeboul word. Maasz (3 van 13 b, gevang Loftie-Eaton geboul Thierauch) is die laaste kolwer wat uit is met J. Vermaak op 10 nie uit nie (16 b, 1x4).
Tigers komplementeer United se totaal met 20 ekstra lopies wat 12 wydlopers insluit.
Tigers se Ya France (3/25, 10 bb), Mbwembe (2/20, 5 bb), Loftie-Eaton (2/50, 10 bb), Thierauch (2/28, 8 bb) en Mutumbe (1/15, 7 bb) is die boulaanval wat Tigers se oorwinning verseël.
SPARTAVELD
By Sparta-veld op Walvisbaai voorspel Wanderers die val van die muntstuk reg en besluit om eerste te kolf. Die besoekers slaan 17 grenshoue (13x4, 4x6) en stapel 247 lopies van 303 balle op, waarna die Welwitschias met net 222/7 van 300 balle kan antwoord.
Hoewel die gasheerspan ook met die grenshoue gewoeker het (13x4, 2x6), kon sy kolwers met 16 ekstras by hul totaal ingesluit, uiteindelik nie daarin slaag om met genoeg enkellopies die bal aan die rol te hou nie.
Ná die openingspaar Karl Birkenstock (22 van 55 b, 1x4, uitgehardloop Rana Waqas) en Wessel Myburgh (12 van 16 b, 1x6, gevang Lauritz Haccou geboul Matthew Stander) se ietwat wankelrige begin vir Wanderers, is Nicholaas Scholtz met 66 van 82 balle (6x4) die voorste kolwer totdat Dian Neethling hom deur Etienne Beukes laat uitvang.
Scholtz is goed ondersteun deur JJ Smit (42 van 96 b, gevang Scott Winborn geboul Gerhard Lottering).
Jan Frylinck (27 van 26 b, 4x4, gevang Matthew de Gouveia geboul Lottering) en Sheron Rossouw (24 van 17 b, 1x4, 2x6, gevang Haccou geboul Stander) is die laaste kolwers uit met Pieter Rossouw (8* van 6 b) en Tiaan Gerber (18* van 10 b, 1x4, 1x6) wat die kolfbeurt onoorwonne afsluit.
Vir die kusspan neem Stander 2/63 (8 bb), Lottering 2/53 (10 bb) en Beukes 1/45 (10 bb) hul duur paaltjies en staan in die proses 27 ekstras af wat 15 wydlopers en 3 foutballe insluit.
Wanderers staan net 16 ekstras af (12 wydlopers) met sy boulers Birkenstock (2/53, 8 bb), Smit (2/20, 4 bb) wat die pas aangee, gevolg deur P. Rossouw (1/20, 7 bb) en N. Scholtz (1/19, 8 bb).
Vyf van die Welwitschia-kolwers word uitgevang, terwyl drie uitgehardloop word.
Dian Neethling (4 van 21 b, gevang S. Rossouw geboul P. Rossouw), Waqas (31 van 56 b, 2x4, gevang Gerber geboul Smit), Shalako Groenewald (23 van 60 b, 1x4, gevang Myburgh geboul Smit), Lottering (52 van 53 b, 5x4, geboul N. Scholtz), Haccou (1 van 5 b, uitgehardloop), De Gouveia (58 van 69 b, 3x4, 2x6, gevang S. Rossouw geboul Birkenstock), Justus Hangula (28 nie uit nie van 27 b, 2x4), Stander (1 van 2 b, gevang en geboul Birkenstock), Beukes (1 van 3 b, uitgehardloop) en Ben Shikongo (7 nie uit nie van 4 b) teken die Baaienaars se lopies aan.
• Die voorlopige puntelys ná drie rondtes: 1 Wanderers 3 uit 3 gewen, 12 punte. 2 CCD Tigers 2 uit 3 gewen, 8 punte. 3 Welwitschias 2 uit 3 gewen, 8 punte. 4 WHS Old Boys 1 uit 2 gewen, 4 punte. 5 United 0 uit 3 gewen, 0 punte. 6 Namibië o.19-span 0 uit 2 gewen, 0 punte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie