Schumi se familie eis 1,6 miljoen euro nu00e1 berig
Schumi se familie eis 1,6 miljoen euro nu00e1 berig

Schumi se familie eis 1,6 miljoen euro ná berig

Estelle de Bruyn
Die familie van die F1-legende Michael Schumacher wil €100 000 (sowat R1,6 miljoen) van die weekbladDie Buntehê ná ’n voorbladberig dat hy weer kan loop. Felix Damm, regsverteenwoordiger van die familie, het in ’n hof in Hamburg gesê: “Hy kan nie loop nie.”
Na berig word, het die regter aangedui die moontlikheid is sterk dat die familie se eis sal slaag: “ ’n Minimum van €40 000,” het hy gesê.
Die familie eis die geld vanDie Bunte weens ’n beweerde skending van privaatheid.
’n Finale uitspraak word nie voor Oktober verwag nie.
Schumacher het sowat twee jaar gelede in ’n ski-ongeluk in Meribel in die Franse Alpe ernstige kopbeserings opgedoen.
Schumacher het tussen 1994 en 2004 sewe Formule Een-wêreldtitels vir Benetton en toe vir Ferrari ingepalm. Hy het aan die einde van 2006 uitgetree, maar in 2010 weer vir Mercedes-Benz begin jaag. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!