Scotland Yard u2018waarsku SA polisie destyds alu2019
Scotland Yard u2018waarsku SA polisie destyds alu2019

Scotland Yard ‘waarsku SA polisie destyds al’

Maygene de Wee – Die metropolisiediens New Scotland Yard in Engeland het reeds in 1993 aan die Suid-Afrikaanse polisie gesê dat Suid-Afrika nie net sy vryheid (ná apartheid) gaan kry nie, maar dat die land ook ’n speelgrond vir misdaadsindikate gaan word.

So het Bheki Cele, minister van polisie, Dinsdag op ’n mediakonferensie by Interpol se tweede konferensie oor dwelms en die onwettige handel daarin, gesê. Die Interpol-konferensie het Dinsdag in Kaapstad begin en eindig Donderdag.

Cele en ander toekomstige rolspelers in die Suid-Afrikaanse polisie was destyds in Engeland om opleiding by New Scotland Yard te kry.

Cele sê daar is destyds aan hulle gesê dat Suid-Afrika ideaal is vir dwelmsindikate weens ons betroubare lugvaartbedryf, ons maritieme stelsels, ons rekenaartegnologie en ook omdat die rand wêreldwyd erken word.

“Maar ons is nie net aantreklik vir dwelmsindikate nie maar ook vir ander misdaadsindikate, asook mense uit Oos-Europa.”

Paul Stanfield, direkteur van die afdeling vir georganiseerde misdaad by Interpol, het Dinsdag gesê Suid-Afrika word beskou as ’n wêreldleier op die gebied van nywerheid.

“Misdadigers het die geleentheid gesien, net soos sake-ondernemings dit sien. Julle land se geografie is ook ideaal en dit word beskou as ’n goeie roete na Afghanistan.”

Hy sê vir misdadigers is dit sake soos gewoonlik. “Hulle het ’n produk wat hulle wêreldwyd wil rondskuif.”

Cele, wat die hooftoespraak op die opening van die Interpol-konferensie gegee het, het gesê dat dwelms ’n bedreiging vir die samelewing is.

“Dwelms is ’n harde moordenaar wat ons jeug, wat ons ekonomie moet bou, vernietig. Dwelms dra die meeste by tot gewelddadige misdrywe. Dit ’n vloedgolf wat ons wil oorweldig.”

Hy hoop dat die onderskeie Interpol-lidlande met die byeenkoms en met die uitruiling van idees hulself beter kan bemagtig om die geveg teen dwelms voort te sit. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!