Sea Harvest gaan oor twee weke noteer
Sea Harvest se private plasing is op institutionele en nie die algemene beleggerspubliek gemik nie.
Francois Williams - Die visserymaatskappy Sea Harvest wil op 23 Maart op die JSE noteer en wil meer as 91 miljoen aandele aan vooraf gekwalifiseerde beleggers teen tussen R12 en R14,50 in 'n private plasing uitreik.
Dit kom skaars 'n week ná die notering van Premier Food & Fishing (PFF), die vissery-en-kosfiliaal van African Equity Empowerment Investments, wat teen R4,90 genoteer het.
Sea Harvest kan tot R1,3 miljard uit die private plasing insamel en wil dit gebruik om skuld en lenings af te betaal, in opknappings en uitbreidings te belê, oornamegeleenthede in Suid-Afrika en Australië te ondersoek en om sy balansstaat te verstewig.
Sea Harvest het gisteroggend in 'n voornoteringsverklaring gesê sy private plasing is gemik op goedgekeurde institusionele beleggers in Suid-Afrika en hul minimum aanbod moet R1 miljoen wees. Dit is nie gemik op die algemene beleggerspubliek nie.
Sea Harvest sal soos PFF in die sektor vir boerdery, vissery en plantasies op die JSE genoteer word.
Sea Harvest, filiaal van die swartbeleggingsfirma Brimstone, is in 1964 gestig en het 29 vaartuie en sowat 3 000 werknemers. Hy bedryf sy visserye uit Saldanha aan die Weskus en Mosselbaai aan die Suid-Kaapse kus. Hy het in Julie verlede jaar 'n beherende belang in Mareterram gekoop, 'n vissery-onderneming van Shark Bay aan die kus van Wes-Australië. Mareterram is op die Australiese aandelebeurs genoteer.
Sea Harvest spesialiseer in stokvis en Mareterram in garnale. Sea Harvest het 'n plaaslike markaandeel van 36,7% in die mark vir bevrore vis.
Hy is een van die grootste kwotahouers vir stokvis aan die Suid-Afrikaanse kus, met 28% van die toelaatbare vangs vir stokvis, wat ekwivalent aan byna 42 000 ton vis is.
Mareterram het op sy beurt 56% van die garnaallisensies in Shark Bay.
Brimstone besit tans 92,9% van Sea Harvest en sal ná die notering na verwagting steeds die beherende aandeelhouer wees met 'n belang van meer as 50%.
Sea Harvest sê die kapitaalbates – sy vloot vistreilers en verwerkingsaanlegte – om sy visvangregte uit te oefen, kos meer as R1,5 miljard.
Hy verkoop sy produkte in 22 lande en het verlede jaar 59% van sy inkomste in buitelandse valuta verdien, wat die aandeel vir beleggers 'n gediversifiseerde randverskanser sal maak, luidens sy voornoteringsverklaring.
Sy omset het tussen 2014 en 2016 teen 'n saamgestelde jaarlikse groeikoers van 20% geklim, en sy verdienste voor aftrekkings het in dieselfde tyd met 40% per jaar gegroei.
Die sluitingsdatum vir die private plasing aan institusionele beleggers is 16 Maart en die uitslag en finale aanbodprys van die plasing sal die volgende dag bekend wees.
Standard Bank is Sea Harvest se finansiële adviseur vir die notering, en sy regsadviseurs is Webber Wentzel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie