Sea Harvest lus vir nog Australiese oornames
Francois Williams – Die visserygroep Sea Harvest beplan nog verkrygings in Australië noudat hy ’n 100%-belang in sy Australiese filiaal, Mareterram, het.
Felix Ratheb, uitvoerende hoof van Sea Harvest, sê dit was ook nie te moeilik om die onlangse plaaslike verkryging van Ladismith Cheese in sy bedrywighede te integreer nie.
“Suiwel is heelwat eenvoudiger as vissery. Jy kry melk in en verwerk dit tot botter, kaas en melkpoeier, en ons versprei dit deur dieselfde kleinhandelkanale as ons visprodukte,” het Ratheb verduidelik op die dag dat Sea Harvest se resultate vir die halfjaar tot einde Junie bekend gemaak is.
Die oorname van Viking Fishing, wat onder meer akwakultuur doen, het effens meer sorg geverg omdat dit volgens Ratheb saamgeval het met ’n paar faktore buite Sea Harvest se beheer.
Daar was groot rooigety in die Hermanus-gebied waar daar van die groep se perlemoenplase is, en dit het beteken die perlemoen kon nie geoes word nie.
In syfers
Sea Harvest se halfjaarsyfers:
· Omset styg met 86% tot R1,87 miljard
· Bedryfswins groei met 70% tot R281,3 miljoen
· Wesensverdienste styg met 52% tot R169,3 miljoen
· Wesensverdienste per aandeel groei met 32% tot 61,1c
· Netto batewaarde per aandeel klim met 31% tot R7,76
Boonop het die een groot mark vir perlemoen, Hongkong, bykans tot stilstand gekom weens die politieke onrus daar. En dan het die handelsoorlog tussen pres. Donald Trump van Amerika aan die een kant en China aan die ander kant ook die markdinamika vir die akwakultuurprodukte soos perlemoen effens omgekrap.
Ratheb sê goeie vordering is gemaak om die tandekryprobleme by sy opgeknapte fabriek by Saldanha op te los. Hy verduidelik Sea Harvest het sowat R120 miljoen belê om nuwe Yslandse tegnologie by die fabriek te installeer, en dit het ’n tyd geduur om die personeel op datum te kry met die nuwe tegnologie. Die fabriek is egter nou ’n moderne visverwerkingsaanleg danksy die tegnologie van die Yslandse maatskappy Marel, wat op die Euronext-beurs in Amsterdam asook op Nasdaq in New York genoteer is.
Ratheb sê Sea Harvest het begin eksperimenteer met seeforel in Saldanhabaai. Dit behels die grootmaak van reënboogforel wat gewoonlik op land gekweek word.
Die mikpunt is om aanvanklik 50 ton se pienk salm per jaar hieruit te lewer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie