Sea Harvest se seile staan bol in die wind
Francois Williams
Aandeelhouers in die visserygroep Sea Harvest kan uitsien na beter resultate vir die halfjaar tot Junie, selfs al het die maatskappy meer uitgereikte aandele as 'n jaar gelede.
Sea Harvest verwag groei van tussen 48% en 59% in sy wesensverdienste vir die halfjaar, tot tussen R165 miljoen en R177 miljoen, vergeleke met 'n jaar gelede se R111 miljoen.
Sy verdienste per aandeel, asook wesensverdienste per aandeel (wat eenmalige items uitsny), kan met tussen 60c en 64c groei, wat 'n styging van tussen 26% en 34% verteenwoordig, het die groep in 'n Sens-verklaring gesê.
Per aandeel is die verdienstegroei laer as die totale verdienstegroei, want Sea Harvest het nou meer uitgereikte aandele. Sy geweegde gemiddelde aantal aandele het van net meer as 240 miljoen teen einde Junie 2018 tot net meer as 277 miljoen teen einde Junie vanjaar geklim. Dit is omdat hy 19,23 miljoen ekstra aandele in Julie verlede jaar uitgereik het vir sy verkryging van die Viking Fishing Group, en meer as 21,4 miljoen aandele wat in Januarie vanjaar uitgereik is om Ladismith Cheese te koop.
Sea Harvest mik om sy resultate op 2 September uit te reik.
Die verkryging van Viking het bestaan uit die oorname van die vissery-bedrywighede van die Viking-groep en 'n koop van 'n 51%-belang in Viking Aquaculture – 'n versameling van akwakultuur-ondernemings in Suid-Afrika en Namibië wat perlemoen, oesters, mossels en forelle kweek. Dit is onder meer Lüderitz Mariculture, Diamond Coast Aquaculture, Tuna Marine, Buffeljags Abalone Farm, en Molapong Aquaculture.
Die akwakultuur-onderneming het 330 werknemers.
Viking Fishing het 'n vloot van 30 vissersbote wat onder meer stokvis, makriel, sardyne, kreef en tuna vang. Hulle word uit Kaapstad, Houtbaai, Mosselbaai, Durban en Maputo in Mosambiek bedryf.
Sea Harvest het in Januarie vanjaar die suiwelonderneming Ladismith Cheese ten volle oorgeneem. Hy noem dit nou Cape Harvest Foods.
Sea Harvest se aandeelprys was Maandag onveranderd op R13,85. Sy beste vlak die afgelope 12 maande was R15,20. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie