Sean Kamati: Op die wieke van ambisie
Hy’t al ’n verhoog met Joss Stone gedeel en toer binnekort deur Europa.
Lloyd Zandberg - Die 23-jarige Sean Kamati, beter bekend as Sean K, van Windhoek, se naam behoort jou nie te verras nie. Indien jy nog nie van hom gehoor het nie, hier’s jou kans.
Die danser wat nou ook sing, is hier om te bly.
Sedert 2012 is Sean al besig om sy stempel op die Namibiese musiekbedryf af te druk. Sy enkelsnit “Smiling” is by die Nama’s as beste enkelsnit genomineer.
Sean is tans besig met die opname van sy eerste album en sê hy is nie net ’n sanger nie, maar ook ’n kunstenaar.
Soms hoor mens 'n stem wat eenvoudig anders klink - hoendervel anders.
Verlede jaar in Oktober was ek by ’n funksie waartydens die kunstenaar Joss Stone se besoek aan Namibië bekend gestel is.
Al die bekende gesigte van Namibië se vermaakbedryf was daar. ’n Lang, skraal jongman het die klein verhogie in ’n hoek van die vertrek betree.
Die seremoniemeester het hom as Sean K voorgestel en gevra of almal sitplek het. Hier kom ’n ding, het ek gedink.
“As die man sy mond oopmaak, raak mense flou. As jy nie sitplek het nie, kry iets om teen te leun,” het hy gesê.
Die volgende oomblik trek die jong, skraal man weg met ’n noot wat ek nog net op TV gehoor het.
Skielik voel my arms en bene soos jellie en vla - lekker, maar bewerig en onstabiel.
Ek maak my oë toe. Ek hoor vir Prince, Sam Smith, Roy Orbison en Ray Charles. Ná ’n wyle maak ek weer my oë oop en loer deur skrefies.
Sean, kan ek sien, het ook die planeet verlaat. Die res van die teenwoordiges hang saam met my aan sy lippe. Ek het lank laas gesien dat iemand homself so in sy musiek inleef.
Toe almal weer bykom en die volgende hoop drankies en eetgoedjies word uitgepak, het die seremoniemeester aan ons genoem dat Sean Kamati die voorvertoning vir Joss Stone se konsert gaan lewer.
Sean het drie liedjies met alles wat hy is, gesing en gesê ons moet wag vir die Joss Stone-vertoning as ons meer wou hoor. Vir die van julle wat nie weet wie Joss Stone is nie, dit is jammer - sy is ’n modern day Janice Joplin.
En om jou naam in dieselfde asem as hierdie Grammy Award-wenner genoem te kan hê, is inderdaad ’n prestasie.
Ek kon nie besluit wat my meer opgewonde gehad het nie - Joss Stone wat kom of Sean K wat hier, in Namibië, bly.
Byna twee weke later het Joss Stone by die Warehouse-teater opgetree. Sean sê hy het gesukkel om in dié tyd te slaap.
"Ek was verskriklik opgewonde en is al van kleins af ’n groot aanhanger van haar musiek. Joss se menswees is ook uniek. Ons kort meer mense soos sy in die samelewing,” sê hy.
Ek wou sien wat Sean kan doen. 'n Groot verhoog met baie mense ontbloot gewoonlik 'n kunstenaar se ware kleure.
Hy het almal weggeblaas. Mense praat steeds oor sy teenwoordigheid op die verhoog. Internasionale kunstenaars kan by hom leer. En wat ’n voorreg vir Namibië om so ’n talent te kon baar. Wees op die uitkyk vir dié skraal, jong man.
‘n Paar vrae aan Sean:
Is jou familie musikaal?
Ek en my jonger suster is die enigstes in ons direkte familie wat musikaal is, maar daar is baie musikale talent in ons uitgebreide familie. My pa spot gewoonlik en sê ek het my talente by hom gekry, hoewel hy glad nie kan sing nie.
Kan jy enige instrumente speel?
Ongelukkig nie, maar ek beplan om iets te leer speel. Dit gaan beslis help om my musiek te bevorder.
Wie se werk bewonder jy?
Prince is my grootste inspirasie. Ek bewonder hom vir die suskes wat hy behaal het, sonder om homself aan society te steur. Hy het teen die norm gegaan en gedoen wat hy wou. En selfs met daai wind van voor het hy ’n baie suksesvolle loopbaan gehad.
By watter musikante het jy al iets geleer?
Ek put inspirasie uit verskeie musikante en kunstenaars, maar soos ek al genoem het, bly Prince een van my grootste inspirasies. Ek gebruik wel elemente van ander kunstenaars om my eie klank te ontwikkel. Ek het ook groot bewondering vir John Legend, James Brown, Stevie Wonder en Beyoncé.
Wie was jou eerste musiekonderwyser?
Liza Ehlers. Sy het my nog altyd gedruk. Sy het vir my ’n geleentheid op die verhoog gegee.
Wat is jou gunsteling- musiekherinneringe?
Ek onthou hoe ek as jong seuntjie na my pa se langspeelplate geluister het. My liefde vir musiek het daar begin. Stevie Wonder staan baie uit. Sy musiek was die eerste musiek waarna ek ooit geluister het. Dit sal my ewig bybly.
Wie is jou gunstelingmusikant?
Daar is so baie, maar ek moet sê, Beyoncé is een van my gunstelingkunstenaars.
Het jy al aan kompetisies deelgeneem?
Ek het onlangs aan die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) se FNCC flies you to France-kompetisie deelgeneem. Tot my verbasing het ek gewen en nou het ek die geleentheid om van Mei af vir drie maande deur Europa te reis en daar te sing.
Waar tree jy oral op?
Ek het aan die begin van my loopbaan meestal by die Warehouse-teater opgetree. Intussen het ek meer gereeld by ander venues begin sing en ek was ook al deel van die Jazz Festival, Namrock en verskeie korporatiewe funksies en geleenthede. Meer onlangs het ek in Kaapstad opgetree. Ek probeer my musiek buite ons landsgrense kry.
Hoe hanteer jy flaters tydens optredes?
Jy gaan maar net daarmee saam! Meestal besef die gehoor nie eers ‘n fout het ingesluip nie. Soms maak ek foute met lirieke en dan maak jy net ander op terwyl jy sing, maar dan moet jy síng! Foute maak is menslik, dit is net belangrik om te verhoed dat die gehoor iets agterkom. Ek probeer elke keer as ek die verhoog betree, my alles gee.
Raak jy angstig voor ‘n vertoning?
Elke liewe keer, maar ek glo dit help my om beter te perform. My gevoel is: As jy nie angstig voor ‘n vertoning is nie, moet jy eerder stop, want waavoor perform jy dan?
Het jy enige raad vir beginners?
Perform! Perform! Perform! Hoe vinniger en meer jy dit doen, hoe makliker begin dit vir jou raak. Ek leef vir die nerves, want ek weet hoe om dit vir my te laat werk.
Hoe balanseer jy jou musiek met ander verpligtinge?
Musiek is my alles. Die res val gewoonlik net in plek.
Enige hoogtepunte in jou loopbaan tot dusver?
Ek het al ’n verhoog met Jimmy Dludlu en Jonathan Butler gedeel, en, soos jy weet, het ek onlangs Joss Stone se voorvertoning in Windhoek gedoen. Dit was sekerlik die hoogtepunt van my loopbaan tot dusver.
Wat is volgende vir Sean?
Ek wil met my musiek toer. Hierdie jaar gaan alles daaroor om my vlerke te sprei. Ek wil my musiek tot anderkant die grense van Namibië vat.
Kan ons uitsien na ‘n album?
Ja, my album, Status Updated, is uiteindelik klaar. Ons is net besig met die finale redigering. Dit behoort volgende maand op die rakke te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie