Sean kry sy eie show
Lloyd Zandberg - “Dis veilig om te sê dié jaar het met ‘n bang afgeskop en was nog net goed vir my.”
Só sê die 29-jarige Sean K, bekende sanger en danser van Windhoek, wat vanaand by die Warehouse-teater as hoofkunstenaar optree.
“Ek wil vanjaar groot gaan, en met groot bedoel ek internasionaal. Ek beoog om meer gereeld op te tree. Hetsy dit plaaslik of op ander kontinente is – vanjaar gaan ek dít ’n werklikheid maak.”
Die gewilde danser, wat nou ook ’n sangsensasie is, het Kaapstad verlede jaar besoek.
Wat net ‘n vakansie sou wees, het uiteindelik sy musiekloopbaan behoorlik laat vlamvat.
Tydens sy besoek het Sean ‘n paar spontane shows gedoen, wat só goed afgeloop het dat hy drie maande in die Kaap moes agterbly.
“Dank die vader vir daai visums, anders sou dit nooit kon gebeur nie. Onder meer het ek ‘n gereelde show by die Alexander Bar, Café & Teatre gehad, en mense ‘n paar keer op die Mirage-seilskip vermaak en ook op SABC3 se Expresso Morning show opgetree. Dit was werklik fantasties. Ek dink ek is die eerste en enigste Namibiër wat dit al kon regkry,” voeg hy by.
Met die onlangse uitreiking van sy debuutalbum, Sean K – Status Updated, het sy lewe in ‘n japtrap verander.
Hoewel die lewe nie altyd maanskyn en rose is nie, kan Sean nie oor die terugvoering op sy musiek kla nie.
“Dit gaan so ongelooflik goed met die verkope, en die terugvoering wat ek ontvang, is feitlik alles positief. Boonop verkoop die album op internasionale digitale platforms ook goed. Ek beplan om binnekort CD’s vir die plaaslike mark te vry te stel.”
Oor sy show by die Warehouse-teater waar hy die hoofkunstenaar is, is Sean in ekstase.
“Dis ongelooflik om te dink, met al die jare se optredes het ek nog nooit my eie show gehad nie. Ek was net altyd in die agtergrond, of moes as voorkunstenaar optree.
“Ek het gereeld by die Bioler Room opgetree, wat ‘n wonderlike platform vir jong en opkomende kunstenaars is. Ek het ook my ding by verskeie korporatiewe funksies gedoen. Die feit dat ek my eie show vanaand op die Warehouse-planke het, is eenvoudig wonderlik. Ek is geweldig opgewonde en wil ‘n groot sukses van die geleentheid maak.”
Die kunstenaars wat tydens die opneem van Status Updated saam met Sean gewerk het, sal ook vanaand op die verhoog te sien wees.
“Belangstellendes kan uitsien na ‘n energieke, regstreekse optrede. Verskeie mense het my al hoor sing, maar nie baie mense het my al regstreeks gesien nie. Ek gee my alles, en ek wil graag hê die publiek moet dit saam met my beleef.”
As jy van soul, funk en kontemporêre musiek hou, is hierdie show vir jou, sê hy.
Sean is mal oor die plaaslike rapper Lioness se liedjie “Tala” en Ariana Grande se “7 Rings”.
Vir die res van 2019 sal hy besig wees om ander shows te bespreek en sy album te bemark.
“Die wêreld moet nog my musiek hoor. Intussen is ek besig om met ander kunstenaars musiek te maak en idees neer te pen, maar ek wil op ‘Status Updated’ bly fokus.”
Kaartjies vir vanaand se show om 20:00 kan by die Warehouse-teater se deure gekoop word en beloop N$200.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie