Seas-verhoor kan nog nie begin
Seas-verhoor kan nog nie begin

Seas-verhoor kan nog nie begin

‘Getuies gekontak’
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw – Die vrou wat van die moord op haar tweejarige baba beskuldig word, het gister vlugtig in die hoërhof in Windhoek verskyn.

Twee klagte sal me. Zenobia Seas (33) in die gesig staar wanneer haar moordsaak voorkom.

Seas bly steeds in aanhouding nadat sy gister vir ’n tweede voorverhoor in die hof verskyn het.

Adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef het die hof meegedeel die beskuldigde sal in die korrektiewe fasiliteit in Walvisbaai bly en vir hofverrigtinge na Windhoek gebring word, aangesien sy nog ’n mediese prosedure in Swakopmund moet ondergaan.

Sekere uitstaande kwessies moet ook aangespreek word voordat die verhoor ’n aanvang kan neem.

Seas se regsverteenwoordiger, mnr. Christopher Dube, het aangedui hy het nog nie op die voorverhoormemorandum geantwoord nie.

Sekere dokumente is ook uitstaande, onder meer ’n geswore vertaling van ’n verklaring deur ’n getuie.

Seas, wat in April verlede jaar in die landdroshof op Swakopmund borgtog geweier is, staan tereg op ’n klag van moord, saamgelees met die bepalings van die wet op die bekamping van huishoudelike geweld, asook ’n klag van dwarsboming van die gereg.

Volgens die klagstaat het Seas haar tweejarige babadogtertjie, Ava Antoinette Owoses, op 26 September 2016 by ’n dagsorgsentrum in Mondesa op Swakopmund gaan afhaal. Sy het daarna met die kind na die Blare-area naby Hentiesbaai gery waar sy haar na bewering versmoor het.

Seas het daarna glo probeer om die spore van die misdaad te verdoesel deur die kind se kombers aan die brand te steek en ook probeer om die motor met die oorledene daarin aan die brand te steek.

Die klagstaat meld verder dat Seas ná die voorval verskeie getuies gekontak het en hulle in kennis gestel het dat sy die oorledene doodgemaak het.

Seas moet op 15 Februarie haar volgende voorverhoorverskyning voor regter Nate Ndauendapo maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!