Sebastian Vettel bly by Ferrari
Motorsport
Mercedes sal verder as Sebastian Vettel moet soek om ''n plaasvervanger vir Nico Rosberg te vind nadat hy dit duidelik gemaak het dat hy by Ferrari gaan bly.
Ferrari, die oudste en suksesvolste span in Formule Een, kon in 2016 nie ''n enkele wedren wen nie en Vettel se naam is al verskeie kere genoem as ''n moontlike opsie om na Mercedes te skuif. Rosberg (31) is maar net die derde Duitser wat ná Michael Schumacher en Vettel die Formule Een-kampioenskap kon wen. Rosberg het Vrydag die wêreld geskok deur sy uittrede uit die sport aan te kondig.
“Ek dink nie dis ''n groot geheim dat ek en Kimi (Raikkonen) kontrakte vir volgende jaar het nie,” het Vettel aan joernaliste gesê. “So dit behoort duidelik te wees.”
Vettel meen hy weet nie wat Mercedes se plan is om ''n opvolger te kry nie, maar dat sy fokus by Ferrari is en om volgende jaar te verbeter. Niki Lauda, die Formule Een-legende en een van Mercedes se voorsitters, het Sondag gesê dat hy verwag Rosberg se plaasvervanger sal voor die einde van die jaar bekend gemaak word met Pascal Wehrlein, wat die span se reserwebestuurder is, wat glo in die binnebaan is.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie