Sebraslange met senders toegerus
Francoise Steynberg – Die slangnavorser en -vanger mnr. Francois Theart het drie sebraslange met senders toegerus om hul bewegings en gedrag te monitor.
“Ons gaan daagliks uit na die plaas oos van Windhoek om die sebraslange na te spoor.
“Ons doen navorsing op sebraslange oor die algemeen, hul bewegingspatrone en hoe verskuiwing slange beïnvloed,” sê Theart, 'n student van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST) se biodiversiteitsnavorsingsentrum.
Theart sê die hoofdoelwit is om 'n slangbestuursplan te ontwerp om slangbyte te voorkom.
Sedert hy op 18 Januarie 'n manlike sebraslang van die plaas met 'n sender toegerus het, het interessante inligting opgeduik.
“Die eerste mannetjie het spoorloos verdwyn. Ons vermoed hy is óf deur 'n voël óf 'n ratel gevang. Hy het hoofsaaklik in een gebied van ongeveer een vierkante kilometer gebly, maar het intussen vermis geraak,” sê hy.
Volgens hom het die slang tussen 03:00 en 07:00 rondbeweeg.
Die tweede manlike sebraslang wat met 'n sender toegerus is, is verlede Maandag na die plaas verskuif.
“In minder as 48 uur het hy sowat 1,08 km beweeg. Hy het intussen 'n muisnes ingevaar en bly in 'n gat,” sê Theart.
Hy sê die derde sebraslang wat met 'n sender toegerus is, is 'n vroulike slang van die plaas.
“Sy bly naby waar sy vrygelaat is en beweeg meestal tussen 'n gat en 'n rotsagtige gebied. Die afstand is sowat 60 meter.”
Theart bedank die boer van die plaas wat hulle toelaat om die navorsing op sy eiendom te doen, asook vir Gondwana Collection Namibia en Namibia2Go wat 'n bakkie verskaf het om hul navorsing te doen.
“Ons het 100 mense deur programme vir slangbewustheid in die noordwestelike en sentrale Namibië onderrig. Ons het 25 sebraslange vir ons teenslanggifprojek gemelk en byna 100 slange uit konfliksituasies verwyder,” sê Theart.
– [email protected]
FOTO
Francois Theart probeer 'n sein van die senders van die sebraslange optel. Foto Facebook/Snakes of Namibia

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie