See-ollie kry dalk nekband
See-ollie kry dalk nekband

See-ollie kry dalk nekband

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die rondloper- olifantbul wat Oukersdag by die see gaan kuier het, gaan dalk Vrydag met ’n satellietnekband toegerus word.

Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, sê die nekband word teen die einde van die week verwag en hopelik kan die dier Vrydag daarmee toegerus word.

Die satellietnekband word uit Suid-Afrika bestel en volgens die olifant se grootte gemaak.

Die grootvoet, wat ná sy Kersuitstappie kus toe eindelik binneland toe teruggekeer het, sou aanvanklik verlede naweek na die Erindi Private Wildreservaat naby Omaruru verskuif word.

Ná sy kuswandeling het hy eers ’n rukkie by die Klein Spitzkoppe vertoef. Daarná het hy homself in die Omarururivier tuisgemaak, waar daar oorgenoeg kos en water vir hom is.

Mnr. Paul Joubert, mede-eienaar van Erindi, het aan Republikein gesê ná hulle ’n waarneming van die olifant in die Omarururivier gedoen het, is daarteen besluit om die flapoor na hul lodge te verskuif.

“Hy is die beste af daar waar hy nou vry in die natuur is met genoeg kos en water,” het hy gesê.

Bewaringsgesindes het kommer daaroor uitgespreek dat die olifant op die ou end tot probleemdier verklaar word en deur ’n trofeejagter geskiet word.

Die ministerie het dié vrese besweer.

“Dit is in ons beste belang dat die olifant oorleef. Ons doen alles moontlik om te verseker die olifant word geen leed aangedoen nie," het Muyunda gesê.

Volgens hom monitor die ministerie se personeellede die olifant deurentyd.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!