See van water
Dié foto toon die vlak van die Oranjerivier gister by die Velloorsdrif-Onseepkans-brug suid van Karasburg. Amptelike lesings wat gisteroggend by Blouputs sowat 120 km stroomop geneem is, wys die riviervlak was op 3,67 m, en 2 279 kubieke meter water per sekonde het daar verbygevloei. Die voorspelling is dat 'n volgende vloedgolf Prieska in die Noord-Kaap teen Woensdag sal bereik wat selfs hoër sal wees as die piek van 4 Februarie toe sowat 2 900 kubieke meter water per sekonde by dié dorp gemeet is. Dit neem dan nog 'n paar dae voordat die vlak van die rivier in Namibië styg. Foto Verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie