Seekat-drukkies vir vroeggebore lyfies

Die tentakels hou die baba se hande besig en verhoed hulle om aan die pype te trek waaraan hulle gekoppel is.
Tanja Bause
Tanja Bause



Wat het 'n skoonheidskompetisie, 'n seekat en vroeg­gebore babas in gemeen?

Die antwoord is: die sesjarige Lulu van Rhyn.

Lulu gaan volgende jaar in Maart aan die Miss Elite-skoonheidskompetisie in Suid-Afrika deelneem ná sy Miss Petite by vanjaar se Biltongfees gewen het. Deel van die kompetisie behels ­betrokkenheid by liefdadigheid.

Volgens haar ma, me. Franci van Rhyn, wou Lulu nie komberse en klere vir minderbevoorregtes insamel nie, maar eerder iets unieks doen.

Sy en haar ma het deur internetnavorsing 'n projek in Denemarke ontdek wat gehekelde seekatte vir vroeggebore babas hekel.

“Die seekatte se tentakels hou die baba se hande besig en verhoed hulle om aan die pype te trek waaraan hulle gekoppel is. Dit voel ook volgens dokters soos die naelstring. Die babas voel nie alleen nie en is baie ­rustiger as babas wat nie 'n seekat in hul ­broeikas het nie,” het Van Rhyn gesê.

Lulu vertel: “Ek het foto's daarvan op Mamma se selfoon gesien en besluit dit is wat ons moet doen. My boetie, Basil, is ook te vroeg gebore en hy het nie 'n seekat gehad om hom geselskap te hou nie.”

Van Rhyn het verlede week 'n versoek op Facebook aan mense gerig wat kan hekel om met Lulu se projek te help.

“Die reaksie was oorweldigend. Ek het binne 'n paar dae meer as 110 navrae ontvang. Daar is oumas, vroue­groepe en vroueverenigings wat belangstel. Selfs een vrou in ­Botswana en drie in Suid-Afrika hekel nou seekatte. Aanvanklik het ek gedink net my ouma, en dalk nog 'n paar tannies sal belangstel,” het sy gesê.

Talle mense wil graag betrokke raak, maar kan nie hekel nie en skenk dus wol. “As daar mense is wat wil hekel, maar nie die wol kan bekostig nie, kan hulle my ook kontak en ek sal die wol en vulsel kom aflewer. Ook as iemand die patroon wil hê, sal ek dit met graagte aanstuur.”

Lulu en haar ma gaan self ook leer hekel sodat hulle van die seekatte kan maak. Beide beplan om ná die ­kompetisie met die projek voort te gaan.

“Iets so eenvoudig soos 'n gehekelde seekat kan vir 'n vroeggebore baba 'n toekoms gee en ons sal beslis met die projek voortgaan. Dit is ons manier van teruggee,” het Van Rhyn gesê.

Belangstellendes kan haar by 081 332 1065 skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!