Seekoeie val weer vas in modderpoel
Seekoeie val weer vas in modderpoel

Seekoeie val weer vas in modderpoel

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Seekoeie het weer in ‘n modderpoel vasgeval in die Linyanti-gebied in die Zambezistreek.


Volgens Livingstone’s Camp sit 44 seekoeie al vir maande vas in ‘n klein modderpoel en ‘n kalfie is reeds dood.

Die seekoeie kan nie uitkom en die rivier bereik nie. Die water wat normaalweg die kanaal voed, het opgedroog en klein modderpoele het gevorm, volgens Livingstone’s Camp.

Hulle ondersteun die Wuparo-bewaringsgebied om water in die poel te pomp om die seekoeie te laat oorleef.

“Dit het tot dusver baie goed gewerk, maar geld is nodig om die koste van die petrol of sonkragpanele vir die pomp te dek. Dit is broodnodig dat die watervlak gehandhaaf word tot dit weer reën.”

Die vrees bestaan dat nóg seekoeie kan vrek.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is die ministerie bewus van die kwessie, “maar nie dat dit so so agteruitgegaan het dat dit nou in ‘n kritieke situasie ontaard het nie”.

Hy sê die ministerie het vroeër vanjaar reeds sonpanele aan die bewaringsgebied oorhandig om water in die poel te pomp.

“Dit het nou eers onder ons aandag gekom dat die situasie so agteruitgegaan het dat dit nou kritiek is. Ons personeel is opdrag gegee om onmiddellik vas te stel wat die huidige situasie is.”

Muyunda sê die personeel sal voorstelle vir die pad vorentoe op die tafel lê.

“Ons bly verbind aan die oorlewing van hierdie seekoeie. Ons sal nou saam met rolspelers werk om ‘n langtermynoplossing vir hierdie herhaaldelike kwessie te kry,” het Muyunda gesê.

In Augustus verlede jaar het seekoeie ook in modderlpoele in die streke van Kavango-Oos en Zambezi weens die lae riviervlakke vasgeval.

-[email protected]

Foto Livinstone's Camp

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!