Seerowers laat seevaarders vry
Nigerië
Nigeriese seerowers het sewe Russiese en een Oekraïense seevaarder vrygelaat nadat hulle verlede maand op die vragskip die BBC Caribbean gevange geneem is, het 'n Russiese nuusagentskap berig.
Die seevaarders is vrygelaat ná onderhandelinge tussen die eienaars van die skip en die seerowers.
Volgens die Interfax-nuusagentskap het die menseregte-aktivis Pavel Butsay in die stad Sewastopol gesê die mans het reeds op die Frankfurt-lughawe aangekom en beplan om volgende week terug te keer huis toe.
Butsay het aan die Tass-nuusagentskap gesê ‘n losprys is betaal, maar nie wat die bedrag was nie.
Veiligheidsdeskundiges klassifiseer Wes-Afrika se waters, veral aan die Nigeriese kus waar baie seerowers aktief is, as van die gevaarlikste ter wêreld. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie