Seerowery neem toe weens hongersnood, droogte
Somalië
Amerika hou 'n wakende oog op die onlangse toename in seerowery aan die kus van Somalië.
Dit val saam met 'n besoek van die Amerikaanse minister van verdediging, James Mattis, aan 'n belangrike militêre basis in Djiboeti.
Die toename in seerowery word gedeeltelik aangedryf deur hongersnood en droogte in die gebied, het 'n top Amerikaanse militêre bevelvoerder in beheer van troepe in Afrika gesê.
Amerika gebruik die basis in Djiboeti, 'n klein land aan die suidelike ingang van die Suezkanaal, as lanseerplek vir operasies in Jemen en Somalië.
Die onlangse reeks aanvalle deur Somaliese seerowers kom ná jare waarin geen voorval aangemeld is nie. Die aanvalle het in 2011 'n hoogtepunt bereik toe 237 aanvalle plaasgevind het. Dit het egter skerp afgeneem nadat skeepseienaars veiligheidsmaatreëls verskerp het en internasionale vlootmagte meer patrollies begin uitvoer het. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie