Seevaartopleiding by Nust
Die projek fokus daarop om meer werkgeleenthede in die marine- en seevaartveld te skep.
Maria Eiseb - Studente in Namibië wat ingenieurswese studeer, kan nou ook kenners op die gebied van seevaart word.
Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) het onlangs, met die ondersteuning van die Finse ambassade en die Satakunta Universiteit van Toegepaste Wetenskappe van Finland (SAMK), die MARIBILIS-projek in die hoofstad bekend gestel.
Tydens die geleentheid het me. Meri-Maija Marva van die Finse ambassade, wat ook die projekbestuurder is, gesê die MARIBILIS-projek bou voort op vorige projekte van die SAMK en sy Namibiese vennote, wat onder meer Nust en Namibië se Vissery- en Maritieme Instituut (Namfi) insluit.
Dié projekte behels marine navorsing en seevaartopleiding.
Volgens Marva beoog die nuwe projek om maritieme onderwysvaardighede in Namibië op hoëronderwysvlak te ontwikkel.
Die projek fokus daarop om die Namibiese ekonomie te versterk deur werkloosheid onder die jeug te verminder en meer werkgeleenthede in die marine- en seevaartveld te skep, het sy gesê.
Boonop is die projek van plan om die navorsingskip die R/V MARIBILIS, wat in 2011 aan Namibië verkoop is, by die projek te betrek.
Die skip het unieke tegniese eienskappe en gaan as 'n “lewende laboratorium” ingespan word.
Die R/V MARIBILIS het deurlopende gevorderde marine navorsing verseker, wat noodsaaklik is vir die volhoubaarheid van die Namibiese visbedryf.
Die projek sal van vanjaar af tot 2020 duur, het Marva gesê.
Nust se rektor, dr. Tjama Tjivikua, het gesê: “Hierdie projek verbind Nust se departement van meganiese ingenieurswese met seevaartopleiding en -opvoeding.”
Volgens hom staan die departement van meganiese ingenieurswese nou bekend as die departement van meganiese en seevaartingenieurswese.
Die vriendskap tussen Nust, die SAMK en Namfi het ontstaan om seevaartopleiding en -vaardighede in Namibië te ontwikkel, het Tjivikua gesê.
By dié geleentheid het dr. Moses Maurihungirire, permanente sekretaris van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, die minister verteenwoordig en gesê die projek maak dubbele graadopleiding in marine ingenieurswese moontlik.
Hy het voorts gesê daar is 'n tekort aan gekwalifiseerde maritieme kundiges in ontwikkelende lande, insluitende Namibië, en die projek is slegs die begin van die belangrike taak om Namibië beter vooruitsigte te bied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie