Sege by Dome hou sleutel vir Nakathila
Sege by Dome hou sleutel vir Nakathila

Sege by Dome hou sleutel vir Nakathila

Boks
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Jeremiah Nakathila lek sy lippe af om sy aanspraak op die Wêreldboksorganisasie (WBO) se vakante superveergewigtitel te verstewig.

Die titel is sedert Meimaand vakant nadat Vasyl Lomachenko, die Oekraïense pond vir pond superster en tweemalige Olimpiese kampioen, na die liggewigklas opbeweeg het en besluit het om daar te bly en sy titel prys te gee.

Nakathila verskyn tans as nommer 5 op die WBO se wêreldranglys in dié gewigsklas en staan dus 'n goeie kans om binne die volgende maande die druk op die besluitnemers te plaas.

Die WBO-wêreldgordel sal op 28 Julie 'n baas kry wanneer die onoorwonne Puerto Ricaan Christopher Diaz (23-0, 15 uitklophoue) teen Japan se Masayuki Ito (23-1-1, 12 uitklophoue) deur die toue klim. Dié twee was onderskeidelik die nommer een en twee aanspraakmakers op die WBO-ranglys en die nuwe titelhouer sal daarna verplig wees om die titel te verdedig.

Nakathila se kans kom op Vrydag 3 Augustus, wanneer hy in The Dome op Swakopmund in die hoofgeveg teen Crispin Moliati van Malawi te staan kom.

Die promotor Nestor Tobias het gister bekendgemaak dat sy MTC Sunshine Promosies vir die eerste keer met Kalakoda Promosies van Suid-Afrika sal saamspan om dié geleentheid aan te bied. Kwesé TV sal soos gewoonlik die regstreekse uitsaairegte hê.

Die Namibiër se loopbaan is goed op dreef met 15 oorwinnings en 'n enkele puntenederlaag in Moskou in November 2016. Elf van sy opponente sover is voor die bestemde einde met uitklophoue verslaan.

Moliati (22 gewen, 8 verloor) is nie 'n onbekende in Namibië nie en is in 2017 deur Paulus (Hitman) Moses by Ramatex uitgeslaan.

Die promotors het gister bekend gemaak dat die Desert Rumble III toernooi op 3 Augustus op Swakopmund net uit vyf gevegte sal bestaan. Drie daarvan is titelgevegte.



Op die voorprogram sal wees:

WBF Afrika junior liggewigtitel: Abraham Ndaendapo (NAM) tn Bilindo Eseko (DRK).

WBF Afrika middelgewigtitel: Lukas Ndafoluma (NAM) tn Jimmy Mabundji (DRK).

Junior weltergewig: Harry Simon junior (NAM) tn Lukas Handivele (NAM).

Junior kapokgewig: Sakaria Nikodemus (NAM) tn Fillemon Nghutenyane (NAM).

“Boks in Namibië is springlewendig en met Kalakoda en Kwesé as vennote neem ons die volgende stap om ons boksers internasionale blootstelling te gee. Vir Nakathila se drome om 'n wêreldkampioen te word, is daar geen ander keuse as om te wen nie,” het Tobias gister gesê.

Nakathila het gesê hy is gereed om op Swakopmund 'n skouspelagtige vertoning te lewer en voel bevoorreg om in die hoofgeveg betrokke te wees.

Kaartjies is by The Dome verkrygbaar teen N$350 vir die sitplekke naaste aan die kryt, of N$100 vir gewone toegang.

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A