Seidler wen sy 'doodstryd' na Tokio

Met ’n hele ses kilometer oor het 'n opponent sy swembril se linkerlens stukkend geslaan, maar hy het niks in die pad van sy doelwit laat staan nie.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Phillip Seidler het die eerste Namibiër in die geskiedenis geword wat die Olimpiese Spele in die oopwaterdissipline oor 10 kilometer kwalifiseer.

In die swembad het sy landgenote soos Monica Dahl en Jörg Lindemeier onderskeidelik verskynings by twee en drie Olimpiese Speles gemaak, maar Seidler plaas Namibiese oopwaterswem op die wêreldkaart soos nog nooit tevore nie.

Die 24-jarige Swakopmunder het Sondag by FINA, die wêreldbeheerliggaam van swem, se laaste oopwaterswem Olimpiese kwalifiserende byeenkoms in Setubal, Portugal, 25ste in 2 ure 03 minute 11.20 sekondes geëindig.

Hy het sodoende die elfde Namibiër geword om vir die naderende 2021 Olimpiese Spele in Tokio, Japan, te kwalifiseer.

Sy 25ste posisie mag dalk so-so klink, maar dit was 'n skrale 63 sekondes agter Hector Pardoe van Brittanje, wat in 2:02:07.5 gewen het. Tweede was Athanasios Kynigakis van Griekeland (2:02:13.0) en die Brit Tobias Robinson (2:02:13.0) wat met 'n fotobeslissing derde geplaas is en nie vir die Olimpiese Spele kwalifiseer nie, omdat elke land net een swemmer mag stuur.

Seidler het gister aan Republikein gesê: “Ek is nog steeds in 'n beswyming ná Sondag se resies. Weens uitputting is ek nog besig om te herstel en kan nie behoorlik dink nie.

“My kwalifikasie vir Tokio is 'n droom wat ná agt jaar se toewyding, opoffering en bitter harde werk bewaarheid is. Ek het Sondag opnuut geleer dit is onmoontlik om geestelik vir die tipe kompetisie voor te berei.

“Fernando Possenti van Brasilië, viermalige FINA-oopwaterafrigter van die jaar, het my gewaarsku dit gaan 'n oorlog wees. Hy het vir my gesê daar is geen oopwaterkompetisie in die wêreld wat so taai en fisiek is as die laaste kans om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer nie.

“Dit was 'n oorlog. Ek het myself nog nooit tevore in 'n oopwaterswemkompetisie so ver verby my menslike vermoëns gedryf nie. My liggaam het ná die tyd in skok gegaan en ek het geestelik en fisiek ineengestort. Ek moes mediese behandeling ontvang en is op 'n drup geplaas.

“Die swemmers doen alles moontlik in hul vermoë om teenstanders te intimideer, selfs deur hulle te slaan. My gesig en dele van my lyf is blou en my hande ook. Ek moes terugbaklei, anders het ek dit nie gemaak nie.

“Twee swemmers is so erg beseer dat hulle met frakture tou opgegooi het. Die een swemmer van Egipte se swempak is aan vodde geskeur en het begin water lek. Hy moes halt roep, want sy pak het te swaar van die water geword.



'VOEL SOOS PADONGELUK'

“My liggaam het ná die eerste baanrondte klaar gevoel of ek in 'n padongeluk was. My swembril se linkerkantste lens is stukkend geslaan en het vol water geloop. Ek het die laaste ses kilometer met een oog geswem.

“Die water was rof en die wind was sterk. Vreemd genoeg is ek egter een van die min swemmers wat in dié tipe toestande floreer. Ons het vyf rondes van twee kilometer geswem. My taktiek was soos in die verlede om die eerste vyf kilometer bestendig te swem en dan geleidelik na die einde te versnel.

“Die verskil tussen wen en verloor was oor die laaste 190 meter met 'n voluit resies na die eindstreep beslis. As jy in 'n bondel vasgevang is en nie betyds kan wegkom vir 'n goeie posisie nie, is dit is moeilik om opponente verby te steek.

“Die resies was ongelooflik hard en taai. Ek het nog nooit in my lewe so swaar gekry nie. Ek het my Sondag tien keer harder as ooit tevore gedryf. Ek het myself tot die dood aangespoor. Dis hoe dit vir my gevoel het; ek kon net sowel daar in die water gesterf het.

“Ek is baie bly en geweldig trots. Ek is van The Land of the Brave en sal Namibië trots in Tokio verteenwoordig. Ek kom (Woensdag) in Windhoek aan en sal die res van die week by die fisio en biokinetikus spandeer. Maandag sal ek weer voluit oefen.

“Ek dra my kwalifikasie op aan Sean Laubscher, my mentor wat vroeër vanjaar oorlede is. Hy het altyd in my geglo en aangespoor en gesê ek sal kwalifiseer.

“Dit gaan vyf harde weke voor die Spele wees, want daar is nog heelwat dingetjies waaraan ek wil skaaf om beter in Japan te vaar. Ek wil my ma (Nadja) bedank vir al die eindelose ure wat sy bestee het om my af te rig asook my pa Helmut vir sy finansiële steun. Baie dankie aan almal wat in my geglo het en my ondersteun het.”

Slegs 15 plekke vir Tokio was nog by dié byeenkoms beskikbaar. Die Afrika-swemmers in die resies het soos volg geëindig: 10de die 37-jarige Oussama Mellouli van Tunisië (2:02:55.60), die 2012 Olimpiese kampioen in die 1500 meter, het vir sy vyfde Spele gekwalifiseer; 11 Michael McGlynn van Suid-Afrika (2:02:56.70); 25 Phillip Seidler; 28 Malek Louissi (2:04:03.80); 34 Mathieu Ben Rahou van Tunisië (2:05:27.20); 35 Henré Louw van Suid-Afrika (2:05:28.40).

Die uitsoekgroepie 10 km oopwater­swemmers wat vir die Olimpiese Spele kwalifiseer: 1 Hector Pardoe (Brittanje), 2 Athanasios Kynigakis (Griekeland), 3 Matan Roditi (Israel), 4 Kai Graeme Edwards (Australië), 5 Taishin Minamide (Japan), 6 Tiago Campos (Portugal), 7 Kirill Abrosimov (Rusland), 8 David Farinango (Ecuador), 9 Oussama Mellouli (Tunisië), 10 Michael McGlynn (RSA), 11 Daniel Delgadillo (Mexiko).

Voeg hierby die finale vier kontinentale kwalifiseerders: 12 Matej Kozubek (Tsjeggië, Europa), 13 Hau-Li Fan (Kanada, Amerikas), 14 Phillip Seidler (Namibië, Afrika), 15 William Yan Thorley (Hongkong, Asië).

[email protected]


FOTO’s
Bulperd! Phillip Seidler (middel) staan vir ’n foto saam met twee van Rusland se Olimpiese oopwaterswemmers.

Die ure, maande en jare van oefensessies het vir die Swakopmunder vrugte afgewerp. Foto Shane van Zyl

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.37/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 984.03/OZ UP +1.70% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.37/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 984.03/OZ UP +1.70%