Seisoen bereik binnekort klimaks
Seisoen bereik binnekort klimaks

Seisoen bereik binnekort klimaks

Rolskaatshokkie
Die laaste klubtoernooi van die Namibiese Ys- en Rolskaatshokkievereniging (NIIHA) is onlangs deur die Swakopmundse klub Coastal Pirates by die binnenshuise sportsentrum The Dome aangebied.

Die toernooi is reeds vir twintig jaar 'n instelling op die jaarlikse NIIHA-kalender. Die geleentheid wat met net 'n paar spanne begin het, het só gegroei dat reeds omtrent 120 wedstryde geskeduleer was vir die naweek op die twee bane van Coastal Pirates.

Die toernooi se belangrikheid lê daarin dat dit spanne se laaste kans bied om in die topvier op die puntestand van hul liga te eindig. Die topvier dring deur na die NIIHA jaareindtoernooi op Swakopmund, geborg deur Theo's SuperSpar, waar die wenners van die goue medaljes en NIIHA-kampioenskaps­trofeë bepaal word.

'n Hoër vaardigheidsvlak word gewoonlik by die finale toernooi vereis en bring ook die spanne se veggees na vore. Die spanne en spelers word harder gedruk en dit help lig die standaard van die sport in die land.

Elke NIIHA-klub het minstens een of soms twee spanne in bykans elke liga ingeskryf – vanaf 10 en jonger tot die mans en vroue ope.

Altesame vyf klubs in drie streke is by die nasionale beheerliggaam geaffilieer.

Die sport wat in 1995 in Namibië bekend gestel is op 'n parkeerterrein met die minimum spelers wat oor speeluitrusting beskik het, het binne tien jaar gegroei tot die nasionale span se eerste kwalifisering vir die wêreldkampioenskap. Vroeër vanjaar het die Namibiese junior mans selfs in 'n uitstekende sesde posisie by die Wêreldspele in Barcelona geëindig.

Die NIIHA-kampioenskap sal afskop met die halfeindstryde (ranglys nommer 3 teen 2, en 4 teen 1) in die onderskeie ligas, gevolg deur die bronsfinale en eindstryde. By die jaarafsluiting word toekennings onder meer aan die voorste doelskieters, mees skeppende spelers en voorste doelwagters oorhandig.

Die kampioenskapstoernooi sal vanaf 1 tot 3 November by The Dome op Swakopmund aangebied word. Dit beloof 'n aksiebelaaide geleentheid met die beste rol­skaatshokkiespelers en -spanne wat die land kan bied.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!