Seisoen by Gallina geopen

Motocross
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die Windhoek-motocrossklub bied Saterdag die eerste been van die Namibiese nasionale kampioenskapsreeks by die Gallina-baan noord van Windhoek aan.

Dit sal die eerste byeenkoms vir 2022 wees, nadat die vorige MX-seisoen op 27 en 28 Desember met ’n kompetisie buite Swakopmund afgesluit het. Die onderskeie nasionale kampioene is eers onlangs vir hul harde werk in 2021 vereer.

Mark Sternagel, wat die MX1-toneel vir etlike jare in die land oorheers het, sal vanjaar glad nie kan jaag nie. Hy het nog nie honderd present van sy ongeluk herstel nie. Hy het by die Pakhisa-baan op 21 September 2021 in Welkom, Suid-Afrika, tydens ’n kompetisie sy regterdybeen asook sy regtersleutelbeen gebreek én skouerligamente geskeur.

Sternagel se dybeen was só sleg gebreek dat dit ná bykans vyf maande nog nie voldoende herstel het nie. Hy het aan Republikein gesê die staalpen sal dalk in September verwyder word, maar sy kanse om in 2022 op ’n motorfiets rond te jaag, is nul.

Met Sternagel op die kantlyn sal Arno Engels en Lain Gilchrist heel waarskynlik die MX1-klas oorheers. Die gewilde Clubmans-afdeling is ’n strawwe uitdaging waar manne soos Tony Viljoen, Henner Rush, Riaan Kritzinger, Francois Cronjé, JF van Eeden en Lourens du Plessis mekaar in die stofresies die stryd gaan aansê.

Juan de Vos, wat laasjaar die MX65-afdeling oorheers het, maak Saterdag sy buiging in die MX85-klas. Wynand Cronjé en Luca Brand sal hom graag met hewige mededinging wil verwelkom. De Vos het Desembermaand met die laaste ronde in Swakopmund in dié klas gejaag en goed vertoon.

JL Opperman gaan vir oulaas wys hoe ’n Honda TRX 450R-kwad gery moet word voordat hy na die VSA vertrek. Opperman se onverskrokke aanslag en gewaagde spronge is werklik iets om te aanskou.

Op die vroulike front sal Zoë Waldschmidt van Windhoek, dogter van die voormalige Dakar-tydrenjaer Ingo, en Geena Sadlowski van Swakopmund hul slag wys. Sadlowski sal haar aanslag in die MX125-afdeling loods.

Die beste renne vind van 13:30 plaas en teen 16:00 word die Koning van die Stof (King of the Dirt) bepaal.

2021 klaswenners en naaswenners

MX50: 1 Khian Kotze (Swakopmund), 2 Markus Pack (Windhoek).

MX65: 1 Juan de Vos (Swakopmund), 2 Marco Lindemeier (Windhoek).

MX85: 1 Wynand Cronjé (Usakos), 2 Luca Brand (Swakopmund).

MX125: 1 Liam Gilchrist (Swakopmund), 2 Anton Myburgh (Windhoek).

MX1: 1 Lain Gilchrist (Swakopmund), 2 Arno Engels (Usakos).

MX-veterane: Quinton van Rooyen, 2 Jörg Stranghoener (beide Windhoek).

Die kompetisie begin om 10:00 en toegang kos N$20 per persoon (kleuters gratis). Ná 16:00 verander die prys na N$40. Verversings word verkoop en Kaufee en Wouter sal die byeenkoms op die regte noot afsluit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.64 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 638.13/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.45/lb UP +3.08% | Zinc US$ 2 995.80/T UP 3.59% | Brent Crude Oil US$ 75.07/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 973.83/OZ UP +1.65% #REF!