Seisoenale griep eis vanjaar sy tol
Seisoenale griep eis vanjaar sy tol

Seisoenale griep eis vanjaar sy tol

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Tot dusver is 70 gevalle van die H1N1-griep in Namibië ­aangemeld, met vyf mense wat in die hospitaal behandeling ontvang.

Uit die 70 bevestigde gevalle is die meeste in Windhoek aangemeld, wat 35 behels, terwyl 24 op Okahandja, ses op Rehoboth, twee op Gobabis en een elk op Aranos, Ondangwa en Katima Mulilo aangeteken is.

Met betrekking tot ouderdoms­groepe is 28 gevalle jonger as vyf jaar, 10 gevalle tussen vyf en nege jaar, terwyl 32 gevalle se ouderdomme van 10 tot 80 jaar wissel.

Tans word ook op die uitslae van agt gevalle gewag.

Twee griepverwante sterftes is tot dusver aangemeld – dié van 'n ­45-jarige man en 'n vier maande oue baba.

H1N1 word hoofsaaklik deur hoes en nies (druppeltjies) of direkte kontak met oppervlaktes oorgedra wat ­besmette druppeltjies op het.

Hoërisikogroepe sluit kinders onder die ouderdom van vyf jaar, ­bejaardes (mense ouer as 65 jaar), swanger vroue, mense met 'n verswakte ­immuunstelsel en chroniese onderliggende siektes in.

Voorkomingsmaatreëls sluit immunisering teen H1N1 in, die inname van baie water om ontwatering te voorkom, asook die gereelde was van hande.

Volgens die waarnemende permanente sekretaris in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), me. Petronella Masabane, is die verwagting dat nog ­griepgevalle in die huidige winterseisoen aan­gemeld sal word.

Masabane raai mense wat simptome en tekens van die siekte toon, aan om baie vloeistowwe in te neem, te rus en koors en hoes met oor-die-toonbank medikasie te bestuur.

Kontak moet ook met ander beperk word om die verspreiding van die siekte te voorkom.

“Namibië beleef nie tans 'n uitbreking van H1N1 nie, maar eerder 'n toename in die aantal gevalle wat ­aangemeld word,” het sy gesê.

Masabane het voorts beklemtoon die ministerie is waaksaam en monitor die siekte om vinnige bestuur en optrede te verseker en soos die ­behoefte ­ontstaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!