Seisoenale griep: NIP kan nie toets
Namibië kan nie toetsstelle wat deur die Jack Ma-stigting vir Covid-19 geskenk is, gebruik nie.
Henriette Lamprecht – Die Namibië Instituut vir Patologie (NIP) het nie toetsmateriaal in voorraad om vanaf 1 Mei vir seisoenale griep (H1N1) te toets nie. Ook kan die materiaal wat deur die Jack Ma-stigting geskenk is vir die toets van Covid-19 nie gebruik word nie.
Volgens die jongste situasieverslag van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sal die toetsing vir seisoenale griep by die Katutura- en Rehoboth-staatshospitale gedoen word.
Die Jack Ma-stigting het 18 900 toetsstelle vir Covid-19, 3 800 persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) en 10 asemhalingsmasjiene aan Namibië geskenk.
Die Chinese regering het ook 20 000 N95-mediese maskers, 10 000 algemene mediese maskers, 500 infrarooi termometers, 2 000 plastiekbrille, 10 000 handskoene en 10 000 skoenbedekkings geskenk.
Volgens die verslag is 828 mense teen Saterdag vir Covid-19 getoets, waarvan 621 by NIP en 207 by Pathcare was.
Dit sê ook 76 weefselmonsters is weer by NIP getoets en een by Pathcare. Daar word gewag vir die uitslae van vier by Pathcare en 495 het by NIP negatief en 194 by Pathcare getoets.
Met verwysing na die isolasie-eenheid met 12 beddens wat by die Windhoek Sentrale Hospitaal opgerig is, word daar nog gewag op die installering van suurstoftoerusting.
‘n Memorandum van ooreenkoms word intussen opgestel tussen die ministerie en private hospitale om Rhino Garments in Otjomuise in ‘n isolasie-eenheid met 540 beddens te omskep.
Vier private hospitale in die hoofstad, Rooms-Katoliek, Mediclinic, Rhinopark en Lady Pohamba Private Hospitaal is aangewys as hospitale waar pasiënte met ‘n mediese fonds vir Covid-19 behandel kan word.
Gesamentlik het die vier hospitale agt beddens in intensiewesorgeenhede (ICU’s) en 32 beddens vir matige tot ernstige gevalle.
Volgens die verslag is 40 mediese studente wat gegradueer het ook opgelei om weefselmonsters van vermoedelike Covid-19-gevalle te neem en Vrydag in spanne vir die bestuur en toetsing van Covid-19-gevalle ontplooi.
Berading word tans deur maatskaplike werkers aan 70 mense in kwarantyn in sewe streke gebied.
Volgens die verslag word 463 hawelose mense onderskeidelik by die Khomasdal-stadion en die Katurura-jeugsentrum gehuisves.
Teen Saterdag is 44 bykomende gesondheidswerkers in die Omusatistreek, twee in Otjozondjupa, sewe verpleegsters in Hardap, twee maatskaplike werkers, ses geregistreerde verpleegsters, een aptekersassistent, een apteker, twee ingeskrewe verpleegsters, een omgewingsbeampte en twee maatskaplike werkers in die Zambezistreek ontplooi.
Een radiografis en een mediese beampte is by die Onandjokwe-hospitaal uitgeplaas, terwyl 26 verpleegstudente in Windhoek uitgeplaas is. Tot op 21 April is 925 bykomende personeel vir die stryd teen Covid-19 deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ontplooi.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie